kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 36: Onverwags

Vlam Hoofstuk 36: Onverwags deur Martie Swanepoel. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vang op met die vorige hoofstukke van Vlam – klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 36: Onverwags

Soos die wyn en die sangria vloei, skil Duard die hardekwas-meisiekind se weerstand soos ’n ui af. Laag vir laag.

Eers laat glip sy glimlaggies, dan ontsnap beheersde giggeltjie … en later skaterlag sy!

Die man is eintlik snaaks, dink sy in haar agterkop. En nogal cute as hy lag.

Sy geniet sy geselskap … en ja, hy is hot! Dit kan sy nie ontken nie. Hy roer haar hormone.

Sy leer hom beter ken. Hy kan met homself en met die glans van sy werk spot, en sy vertel hom wat haar indrukke van hom was voor Cannes.

Wannabe-soldaat? Jy het nog nie al my trieks gesien nie!”

“O, behoede my daarvan!”

Heimlik wens sy hy wil haar wel ’n paar trieks wys, maar dan vermaan sy haarself.

Hulle eet hompe Calzone en drink meer as een kraffie sangria. Hoe lekkerder hulle kuier, hoe meer besef sy hy is eintlik net ’n doodgewone ou wat die kaarte speel wat die lewe vir hom uitgedeel het.

Maar sy wil ook instinktief brieke aanslaan. Daar is dinge aan die man wat haar inkatrol, en sy wil nie beheer verloor nie. Sy hou daarvan om in beheer te wees van haar emosies. Sy hou net mooi niks van die gedagtes wat deur haar brein skiet as hy aan haar raak nie.

Sy vang haar dat sy haar verkyk aan die lagplooitjies om sy oë, die sterk lyne om sy mond, die intensiteit waarmee hy vir haar kyk as hy praat. Duard gesels met sy hande. Sy lang manlike vingers raak soms liggies aan haar arm as hy praat. En dan is daar die kere wat sy oë donkerder raak in ernstige oomblikke … En as hy vir sekondes net in die verte staar. Asof hy ver terug reis.

“Hoekom is jy so geheimsinnig oor jou herkoms?” vra sy skielik. Sy weet hy is al gewoond aan die vraag wat hy altyd ontwyk.

“As mense te veel van jou weet, maak dit jou kwesbaar. Ek werk in ’n veld waarin elke stukkie van jou lewe uitgerafel kan word. Jy weet mos hoe dit werk? Die media kan jou opbou, en dan, as jy in onguns val, kan hulle jou afbreek en die laaste stukkies van jou siel afpik.”

Sy weet, maar sy wil tog meer van hierdie man weet.

Sommer baie meer, dink sy in onbewaakte oomblikke.

“Ons almal dra maar ons pakkies saam.”

Sonder om te beplan, vertel sy van haar ma en haar ma se tragiese dood maande gelede.

“Ek hou baie van jou pa. Ek sien hom in jou. Hy het ’n goeie werk gedoen as enkelouer. Hy is trots op jou.”

Dan sê hy onverwags, “My ma het my ook basies alleen grootgemaak. En ja, mens moet vrede maak met die ander ouer wat nooit daar was vir jou nie. Dis ’n besluit wat ek onlangs geneem het. Ek worstel met my pa, al is hy lankal dood. Ek wil nou vrede maak.”

Dan verander hy die onderwerp.

“Ek sien uit na Angola en van die tonele wat ons  in Namibië en hier in Suid-Afrika gaan skiet. Jy kom mos van Potchefstroom af? Weet jy ons gaan daar ook skiet? Jy moet jou ou jolplekke vir my gaan wys. Jy was seker hel stout met daardie rooi hare!”

Sy onthou hoe lekker het hy en haar pa gesels toe hulle ontmoet het. Haar pa het onverwags baie van die Hollywood-held gehou. Maar sy wil keer vir haar hart.

“En Melissa? Wanneer kom sy ons land met haar teenwoordigheid vereer?”

Duard lag.

“Jaloers? Jy en Melissa … Twee vuurvreters. Ek vind julle katgeveg nogal amusant.”

“Jy het dit duidelik geniet om dinge aan te vuur!”

Hulle skater uiteindelik saam oor die rooitapyt-, en die wimper-drama.

“Is julle saam?”

Die woorde spring oor haar lippe voor sy dit kan keer.

“Ons was al by tye, maar …”

Sy maak hom stil.

“Toemaar, ek wil nie regtig weet nie.”

Maar eintlik wil sy.

“Dan praat ons ook nie oor jou en Marco nie.”

Daaroor is sy verlig.

Hy neem haar hand ferm vas om te keer dat sy nie terugrek nie.

“Kom ons praat oor ons. Ek wil praat oor die vrou wat in my kop boer. Die vrou wat my soms frustreer, maar ook fassineer.”

Sy aanraking tintel deur haar are. Of is dit die wyn?

“Niekie, jy smokkel met my kop.”

Sy probeer keer. Sy sien nie nou kans om hierdie man in haar hart  toe te laat nie. Hulle lewens verskil te veel. ’n Deel van haar sien hom steeds as net nog ’n glansprins.

Hy lig haar hande op en soen haar vingerpunte. Sy het nie verwag dat haar hart tot stillstand sal kom nie.

Sy oë is donker en broeiend.

“Kan jy nie net na my kyk as net nog ’n gewone ou nie? ’n Ou wat nie kan ophou om aan jou te dink nie. Jy is ’n opwindende mens, Niekie Branders. Jy fassineer my.”

Een deel van haar hart wil ingee, maar sy word herinner aan die reuse gaping tussen hul wêrelde.

Hy weet waaraan sy dink.

“Kom ons probeer net vir vanaand vergeet dat ons in twee wêrelde leef.”

Sy geniet die warmte van sy hand oor hare.

Dan lui haar foon.

Vlam Hoofstuk 36: Onverwags

Dis Pieta.

“Skies dat ek julle date onderbreek, maar dit kan nie anders nie. Immerman kon dit blykbaar nie handle toe hy nie borgtog gekry het nie, en nou hou hy ’n polisieman en ’n mede-gevangene gyselaar. Kol. Loxton het my gebel. Die ander koerante weet nog nie. Henk is op pad en ek sal bly wees as ons dit teen derde uitgawe kan breek.”

Dit lyk of Duard reeds verstaan wat aangaan.

“Kan ek saamgaan? Ek sal jou assistent wees.”

Duard lig Mama in dat hulle op ’n ander aand sal moet kom klaar kuier.

“Bestuur jy, jy weet waar die drama is.”

Niekie sien uit die hoek van haar oog hoe hy haar glimlaggend dophou terwyl sy deur Johannesburg vleg.

“Gelukkig is my huurkar verseker!”

Dié man! Sy wens hy wil nie so vir haar kyk nie.

Sy ry by ’n sy-ingang in. Die wag weet blykbaar sy is op pad. Loxton is ’n goeie kontak.

Die spanning loop hoog by die selle.

Immerman het die polisieman oorrompel toe hy met ’n mede-gevangene kom praat het oor sy hofverskyning.

Die onderhandelaar probeer die bendeleier kalmeer, maar hy is desperaat.

Hy eis dadelik gebruik van ’n selfoon. Die onderhandelaar wil nog paai, toe klap daar ’n skoot. Immerman het die gevangene in die voet geskiet.

Hy dreig dat die volgende skoot in die kuit gaan wees, dan in die bobeen, dan in die maag. Almal weet hy sal sy dreigemente uitvoer sonder om te aarsel.

Tydens die onderhandeling bly Niekie, Henk en hul Hollywood-assistent op die agtergrond, maar hulle maak seker hulle mis niks wat in die selle gebeur nie.

Dan gebeur dinge vinnig.

Niemand weet hoe Immerman se bende van die gyselaar-drama te hore gekom het nie, maar twee het ongesiens by die gebou ingeglip. Hulle het die omstanders van agter aangeval.

Niekie besef eers wat aangaan as die man haar gryp en ’n mes teen haar keel druk.

Hy sleep haar by die deur uit en sy word handhandig agterin ’n kar geboender terwyl Henk en Duard hulpeloos toekyk.

Die dubbele gyselaardrama laat almal besef Immerman en sy bende gaan geen genade toon nie.

As jy Vlam Hoofstuk 36 geniet het, luister solank na ons twee lekkerluister voorlesings (albei uit die pen van Martie Swanepoel!): Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok – dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.