kategorieë: Blogs

Gee my krag!

Holderstebolder. Ruggie hol gery. Dié kragloosheid (of is dit kragteloosheid?) waarin ons onsself nou bevind. ’n Splinternuwe verskoning vir later doen, minder doen, of erger nog, sommer glad nie doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skielik is die huis donker, die wasmasjien en skottelgoedwasser stil, die ketel buite werking en die rekenaars en TV af. Die winkeldeure sluit en verkeersligte knip in alle rigtings oog. En ons? Ons vergeet hoe om te ry, te werk, te eet, te praat, te woeker met wat ons het. Onbeholpe, onbevoeg, ongeduldig, ongemaklik, ongehoord. Sommer omge-ellie ook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié kragloosheid laat ons kragteloos. Ruk kop, hart en hand tot stilstand. Want Ma, hoe maak mens sonder krag? Wonder my spruite hierdie week toe die kragloosheid ons vroegaand oorval. Gedwing om met mekaar te praat (sonder skerms, ons spaar elke battery, want sê nou net die krag bly weg?) groei die lys:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• speel wegkruipertjie;
• steek ’n kers aan en lees ’n regte boek (een met blaaie waaraan jy voel en vat);
• dans singend in die donker a-la-Bruce-Springsteen (Bruce Springsteen? Wie’s Bruce Springsteen, Ma?);
• pas al jou ou klere aan en hou ’n modeparade in die skemergang; of
• gaan stap om die blok.

“En sê nou ek wil net sit?” vra die sesjarige. “En sê nou ek wil net lê?” vra die negejarige. “En sê nou ek wil net slaap?” vra die veertigplusser.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gee my krag! wil ek skree. Bedink my dan. Dalk, net dalk, is hulle dié keer reg. Dalk is kragloosheid net die medisyne vir kragteloosheid. Ja, ons gaan later doen, ja, ons gaan minder doen, of dalk glad nie doen nie.

Gee ons krag!

Maar wat as die kragloosheid die antwoord is op nuwe krag? Krag vir vol sinne praat, krag vir stilsit voor die braaivleisvuur, krag vir boeklees, krag vir kerslig (en alles wat daarmee saamgaan), krag vir droom, krag vir dink voor jy doen? Krag vir lewe. Krag. Voor die stikdonker ons oorval.

Wonder ek.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.