kategorieë: KosMaklik en vinnig

Gegeurde suikerstroop

Gegeurde suikerstroop

Giet ’n gegeurde suikerstroop oor sponskoek om dit nog lekkerder te maak. Die stroop sal ook verseker dat die koek lekker klam bly. Prik die oppervlak van die koek met ’n tandestokkie en gooi die stroop oor terwyl die koek nog warm is. Laat in die pannetjie afkoel. Die resep is genoeg vir 200 ml stroop, wat voldoende is vir ons basiese sponskoekresep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Basiese resep

  • 125 ml (½ k) water
  • 125 g (150 ml) suiker

1 Meng die water en suiker in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos is en laat die stroop kook. Haal van die hitte af.
2 Voeg die geurmiddels by sodra die stroop afgekoel het. Laat staan vir minstens ’n uur, maar liefs oornag. Die stroop kan tot ’n maand in die yskas hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Variasies

Voeg die volgende by die basiese stroop:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Vanieljestroop: Saadjies van een vanieljepeul
  • Suurlemoenstroop: Gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • Lemoenstroop: Gerasperde skil van 1 lemoen

Heerlike geurkombinasies

  • Vanieljesponskoek: Geur met vanieljestroop en vul met frambooskonfyt en botterversiersel.
  • Suurlemoensponskoek: Geur met suurlemoenstroop en vul met suurlemoensmeer en suurlemoenbotterversiersel.
  • Lemoensponskoek: Geur met lemoenstroop en Van der Humlikeur en vul met lemoenmarmelade en lemoenbotterversiersel.
  • Ryk sjokoladekoek: Geur met Amarula-likeur en vul met sjokoladeganache.

Lees ook: Outydse lemoenkoek

Lees ook: Suurlemoenkoek

Lees ook: Beste, maklikste sjokoladekoek!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

24 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.