kategorieë: Blogs

Gerieflik op jou oudag

Wanneer mense met jou praat oor jou oudag, praat hulle pensioen en mediese skemas en dies meer, maar niemand praat werklik oor maniere om onafhanklik te lewe vir langer nie. Wat snaaks is, want is dit nie wat mens werklik na strewe nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is nie altyd so gemaklik met die hele ouetehuis ding nie. Dit voel net ’n bietjie kunsmatig. Ek weet hulle sê jy leef redelik onafhanklik en hulp is naby, maar ek weet darem nie. Monitor die mense jou regtig so goed? En waar in die samelewing kry mens net ’n hoop oumense bymekaar. Laat die geselskap jou nie oor die muur voel nie? (Dalk is dit die Albertyn-kant wat deurslaan, want ons is altyd stroom-op.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So beleef ons familie bietjie van ’n krisis. Die ouma en oupa leef te lekker op hul eie, maar die familie bly vêr en met die dat hulle die verkeerde kant van die tagtigs betree, wonder ons hoe ons kan verseker daar is hulp wanneer hulle dit nodig kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nare scenarios draai in ons kop: Netnou val hulle en kan hulle nie om hulp roep nie; netnou vergeet hulle die oond aan… so word die spoke net al groter in ons kop.

So kom ons af op Call4Aid, ’n klein besigheid met baie gees! Het jy geweet dat jy sensors kan koop wat dinge soos ’n bad wat oorloop, ’n plaat wat aan gelos word en bedbesetting monitor? Ek het nie. (As daar nou net een was wat kyk dat ek my deure sluit, ’n taak wat ek nou maar net nie onder die knie kan kry nie). Die sensors gaan af by ’n monitering-plek wat dit 24uur ’n dag monitor en dan hulp ontbied indien nodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om ’n bestelling te plaas, voel soos om by Kalahari boeke te koop, daar is heeltyd nog ietsie wat jy voel jy net moet hê. Wie het geweet gemoedsrus is so goedkoop?

So voel ek soos ’n heldin, want as jongste besluitnemer/ betrokkene is dit min dat ek ’n meesterplan op die tafel lê.

Indien jy ook ’n heldin wil wees, kan jy gerus op hul webblad gaan loer (www.call4aid.co.za), ek beveel hulle rerig aan.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom

Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy…

2 hours Gelede

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

22 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

1 day Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

1 day Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.