kategorieë: KosSomerkos

Gesonde piekniek

Die woord piekniek kom van twee Franse woorde, piquere, wat beteken om te pik aan jou kos, en nique wat op klein bietjies dui. ’n Piekniek is dus proe-proe happies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die 5-a-Day Trust sê ons kan gerus die vervelige ou toebroodjies uitgooi en ’n feestelike piekniek met vyf porsies groente voorsit … so lekker dat selfs die tieners saam sal smul. Dit neem net ’n paar minute om ’n piekniek aan mekaar te slaan. Pak dié maklike items in, saam met ’n lekker piekniekmat of kombers en ’n sambreel vir koelte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Doopsouse

Begin met een of twee lekker doopsouse, soos roomkaas, guacamole (avokado en laevetjogurt), tsatsiki (laevetjogurt en gerasperde komkommer).

Klik hier vir die heerlikste doopsouse uit die tuin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Interessante groente vir doopgoed

Sit die doopsouse voor saam met drie tot vyf soorte groente wat daarin gedoop kan word. Dis jou kans om heerlik te speel met allerlei vreemde groentes, want die verskeidenheid is oneindig. Dink aan kappertjiesaad, artisjokke, olywe, rissies,spinakopita (spinasie-en-rysrolletjies) en vars aspersies vir jou avontuurlike gaste. Maar moenie die mense wat bekende smake verkies, afskrik nie. Sluit ten minste twee standaard groentes in waarvan almal hou, soos komkommerskywe, miniwortels, afgekoelde baba-aartappels, peulertjies, babatamaties, jongmielies, pynappel en sampioene.

Wat van ’n piekel? Klik hier vir kleurryke groentepiekels.

3 Proteïene vir kragkos

Sit twee of drie proteïene by, soos hardgekookte eiers en koue ham (nie polonie nie – dit bevat te veel preserveermiddels), biltongskyfies, koue boud, hoenderborsies, laevetkase, rolmops, gerookte salm, en kerrievis.

Klik hier vir ’n Skotse piekniekeiers-resep.

4 Gesonde nagereg vir soetigheid

Sluit die piekniek af met heerlike waatlemoen of spanspek, of maak vrugtesosaties van droë en vars vrugte. Aarbeie, bessies en appelliefies bedien maklik.

Maak jou eie gesonde vrugtelollies. Klik hier vir ’n maklike resep.

5 Te drinke

Dit is onwettig om alkohol – wyn, sjampanje, bier en koelers – op Suid-Afrikaanse strande te drink. Sit ’n bietjie vonkel in jou piekniek met vrugtesap of ystee wat jy meng met gemmerbier of sodawater. Onthou die ysblokkies, vir hul rinkelende sensoriese plesier. Pak ook gewone yskoue water in, omdat mens gou in die buitelug dehidreer – selfs saans.

Klik hier vir ’n lekker gatskop-groensap-resep!

Wat van ’n tema?

Hou ’n Griekse eilandpiekniek langs die see met Tsatsiki, humus, komkommerstokkies, songedroogde tamaties, vars tamaties, kappertjiesaad, olywe, soetrissiestokkies, spinakoppita, feta, roomkaas, frikkadelletjies (klik hier vir Tandoori-frikkadel-resep) en kreefstokkies.

Vir ’n boerepiekniek pak in: hoenderpatee (klik hier vir ’n lekker hoenderlewerpatee-resep), snoekpatee, babatamaties, -mielies en –aartappels, wortelstokkies, biltong, gekookte eiers, hoenderboudjies, afgekoelde boerewors en frikkadelle.

En wat van ’n High Tea-piekniek? Pak in snoekpatee, roomkaas, komkommerstokkies, appelskyfies, waterkres, gekookte eiers en gerookte salmstukkies, met aarbeie en swart bessies as nagereg. Klik hier vir oulike dekor-idees.

Maak seker jou piekniek is prettig. Klik hier vir nog dekor-idees.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.