kategorieë: DieetGesondheid

Detoks-dieet

Dis nie nodig om drastiese stappe te doen om jou liggaam te ontgif nie. Jou lewer ontgif jou liggaam vir jou. Jy kan jou lewer help deur gereeld en gebalanseerd te eet. Fokus op kos wat noodsaaklike voedingstowwe verskaf. En moenie jou lewer oorlaai met ryk kosse en kositems met preserveermiddels en allerlei byvoegmiddels nie, soos tipies in die meeste geprosesseerde kosse is. In die proses sal dit jou liggaam suiwer en jou energievlakke beter beheer en verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoewel ons ’n eetplan vir twee weke saamgestel het, behoort dit eintlik ’n deel van jou lewenstyl te wees vir ’n nuwe, energieker jy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is baie belangrik om eers met jou dokter te gesels indien jy enige gesondheidstoestande soos diabetes, hoë cholesterol, lae bloedsuiker of hartsiektes het, of as jy swanger is of borsvoed voordat jy hierdie maaltydplan volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onthou!– Dis belangrik om voldoende vars groente en vrugte te eet. Jy het 6-9 porsies groente en vrugte per dag nodig om in ’n groot deel van jou vitamien- en mineraalbehoeftes te voorsien. Koolhidrate gee gou energie en elke maaltyd moet onverfynde koolhidrate (lae glukemiese indeks) bevat om energievlakke te kontroleer. En dan is daar proteïene wat ons boublokke vir gesonde spiere en bloed is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Mense se voedingsbehoeftes verskil, maar dit is belangrik om die volgende porsiegroottes vir elke maaltyd in gedagte te hou:

• Proteïene (vleis, vis, hoender, eier): handpalmgrootte en nie dikker as jou pinkie nie
• Melkprodukte: 1 koppie (250 ml)
• Vrugte: die grootte van ’n tennisbal
• Stysel: (brood, rys, aartappels, patats, pasta en ontbytgrane): vuisgrootte
• Groente: Soveel as wat nodig is om jou bord vol te maak

Dis ook baie belangrik om voldoende vloeistof in te neem. Dit verseker dat die afvalstowwe uitgespoel word.

Resepte soos genoem op die dieetplan

Plaatkoekies: Klik hier vir die resep

Baba-aartappel-en-kekerertjie-slaai: Klik hier vir die resep

Klam karringmelkmuffins: Klik hier vir die resep

Hoenderslaai: Klik hier vir die resep

Varkvleis-roerbraai met pynappel: Klik hier vir die resep

Avokado-en-mosterd-slaai: Klik hier vir die resep

Gebakte broccoli-spinasie-en-okkerneut-pastagebak: Klik hier vir die resep

Hoenderpilaf: Klik hier vir die resep

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.