kategorieë: Nuut & NouKos

Gesonde spinasie

Die heilsame blaargroente is heerlik in slaai, roerbraai, sop of selfs as pizzabolaag. Dit pas goed by souterige kase soos bloukaas en fetakaas (soos in die Griekse spanakopita.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is twee hoofvariëteite: Dié met die plat, groot, diepgroen, krullerige blare (savoy of Swiss chard) en babaspinasie met hul delikate, klein, ronde blare. Die blare is soms vol grond en selfs al is hulle in ’n pakkie, moet jy hulle maar net voor die gaarmaakslag steeds goed afspoel. Kies blare wat diepgroen en gesond lyk. Die groente kan vir twee tot drie dae in die yskas hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spinasie word baie vinnig gaargemaak. Jy kan dit sommer panbraai of stoom, en as jy dit wel kook, doen dit in ’n oop kastrol en roer kort-kort. As jy die spinasie in vulsels of as ’n bolaag wil gebruik, moet jy al die vloeistof eers deeglik uitdruk – sommer met jou hande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onthou dat spinasie met die kookslag krimp. ’n Pakkie van 300 g gee net sowat een koppie gaar, uitgedrukte spinasie. Spinasie is ’n uitstekende bron van yster, vitamien B en C asook betakaroteen. Die beste manier om die voedingswaarde te behou, is om spinasie rou of gestoom te eet.

Blansjeer
Gebruik dié metode om delikate groente soos broccoli, aspersies, spinasie, groenboontjies en mange tout gedeeltelik gaar te maak sodat die groente hul pragtige kleure behou en krakerig bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Maak ’n middelslagkastrol vol water en bring tot kookpunt. Geur met sout. Kook die groente net vir ’n minuut en skep met ’n gaatjieslepel uit.
2 Dompel die groente vir ’n minuut in ’n bak yswater. Die yswater stop die gaarmaakproses en keer dat die groente vaal word.
3 Dreineer wanneer afgekoel. As die groente te lank in die water lê, kan baie van die wateroplosbare vitamiene in die slag bly. Maak dit vinnig warm deur dit in ’n kastrol met ’n bietjie olyfolie of botter deur te roer. Sit dadelik voor.

Moet nooit groen groente gedurende die gaarmaakproses bedek nie. Gedurende die kookproses word koolstofdioksied
vrygestel en as dié gas in die kastrol vasgevang word, verkleur dit die chlorofil in die groente. Dit is ook belangrik
om die groente so een of twee keer te roer om enige koolstofdioksied wat onder vasgevang word, vry te laat.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.