Gesoute karamelsous deur Vickie de Beer
Gesoute karamelsous
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 420 g (2 k) suiker
- 160 g (166 ml) botter, in blokke gesny
- 250 ml (1 k) room
- 10 ml (2 t) sout
Instructions
- Smelt die suiker in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer tot alles opgelos is.
- Laat die suiker saggies kook tot dit begin karamelliseer. Trek van die hitte af en voeg die botter by en roer tot die botter gesmelt is. Voeg die room by en meng goed.
- Haal van die hitte af en voeg die sout by. Roer goed deur.
- Laat die sous effens afkoel voor opdiening.
Anelle Tewson
Lees Meer
3 resepte wat jy vir Rooibosdag moet maak
16/01/2026
Bloubessie en perske vrugtetert
15/01/2026
Lekker kosblik-idees
13/01/2026
