Bestanddele
- 600 g (omtrent 8) ryp middelslagtamaties
- 45 ml (3 e) olyfolie
- 12 kersietamaties
- 1 ui, fyngekap
- 3 stokkies seldery (net die onderkante), fyn gekap
- 2 wortels, grof gerasper
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 30 ml (2 e) tamatiepasta
- 1 blik (410 g) heel, geskilde tamaties – druk dit fyn in die sous
- 500 ml hoender- of beesvleis-aftreksel
- 125 g mozzarella-balletjies, of gewone mozzarella in skywe gesny
- handjie vol basiliekruid
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C
- Sny die tamaties middeldeur en pak op ’n bakplaat, geur met sout en rooster vir 20 min. Gooi 30 ml (2 e) van die olyfolieoor die tamaties. Voeg die kersietamaties by en rooster vir nog 10 min.
- Braai intussen die ui, seldery, wortels en knoffel in ’n middelslag-kastrol.Voeg die blik tamaties, tamatiepasta en aftreksel by en kook vir 20 min.
- Haal die tamaties uit die oond en voeg by die sop. Verwerk die sop met ’n handmenger tot glad.
- Gooi in bakkies en verdeel die mozzarella en ’n paar basiliekruidblare tussen die bakkies.
- Sit voor met knoffelbrood.