
Jana het vrede
Hoe ouer sy word, hoe meer vind Jana Kruger haar waarde in haar innerlike vrede en geluk, weg van die samelewing se verwagtings van wie sy moet wees.
Wintermoegheid is nie net ‘in jou kop’ nie
Sonlig speel ’n belangrike rol in energie, gemoed en slaapritme, en as ons meer tyd binnenshuis in die winter deurbring, begin ons die uitwerking te voel. ’n Paar kenners vertel hoe jy moet maak.
Ons loer in by Hanna Grobler en Nadine Blom
Om te gee en diensbaar te wees, is vir Hanna Grobler ’n roeping. Tussen om kinders groot te maak, haar kuns beoefen en nou ook ’n rol in kykNET se nuwe gesinsdrama, skroom sy nie om die armste gemeenskappe in die gevaarlikste buurte te gaan help nie. Want gee, moet onvoorwaardelik wees, glo sy.

Nadine Blom was allerweë as die Supercool vir Jesus-rooikopsangeres bekend, maar druk deesdae as advokaat haar stempel af om kinders te beskerm en kinders en ouers oor mensehandel en kuberveiligheid in te lig.

In die sop
’n Bakkie geurige sop kan enige trietsige dag opkikker. Hier is ’n paar keuses.
Siek en sat … vir politiek
Nog ’n oorlog, nog ’n krisis, nog ’n korrupsiesaak, nog ’n sosiale-media-inskrywing wat mense verdeel. Hoe gemaak as politiek jou uitput, maar jy kan nie eintlik daarvan ontsnap nie?
Ons praat tee
Craig Cupido is Suid-Afrika se enigste volwaardige teesommelier en hy’s glad nie verbaas dat tee die tweede gewildste drankie in die wêreld is nie.

Maak die winter soet
Maak sjokolade die ster in hierdie nageregte en koeke en maak almal se dag só ’n bietjie beter.
Om mense te help
Soveel nood en so min tyd hou Jacques Papenfus uit die slaap. Maar om iemand kos te gee, het sy eie lewe gered. En só het Moeggesukkel buite Centurion ontstaan.

Winter se greep
Droë hande, gebreekte naels en skurwe voete is algemeen in die winter. Hierdie gids sal jou help om anders daaroor te dink.
Plek van afsondering
Vir Edwin (Eddie) Murphy van EM Interior Design is ’n huis nie net ’n versameling van kamers nie, maar ’n deurlopende storie.
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!










