kategorieë: KosSomerkos

Geurige vispakkies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

4 middelslag-aartappels, gekook en in skywe gesny
125 ml (½ k) klaarbereide rolletjie knoffel-en-pietersielie-botter
500 ml (2 k) bevrore gemengde groente soos ertjies, wortels, babamielies en boontjies
500 g (sowat 4 porsies) gevriesde stokvis of koning-klipvisfilette
Sout en gemaalde swartpepe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 180 °c. Sny vierkante van 4 cm x 30 cm uit bakpapier.
2 Verdeel die aartappels tussen die vier velle bakpapier. Pak die aartappels in die middel in ’n sirkel sodat hulle oorvleuel. Verdeel die groente tussen die pakkies.
3 Sit ’n filet op die groente in elke pakkie. Geur na smaak. Sny ’n paar skywe van die knoffelbotterrolletjie en sit op die vis. Vou die papier soos ’n geskenkpakkie toe en bind netjies vas met kombuis-tou indien nodig.
4 Sit op ’n bakplaat en bak vir 20-30 min. Laat elkeen sy eie pakkie aan tafel oopmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: vis

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.