In 1990 het Elizabeth Arden baanbrekerswerk in die skoonheidsbedryf verrig toe sy seramiedkapsules bekendgestel het – dit was ’n eerste van dié soort seramied wat bio-gemanipuleerd, identies aan die vel en in ’n enkelkapsuleformaat voorgekom het.
Die nuwe Advanced Light Ceramide Capsules, nou in ’n hiperliggewigtekstuur wat ideaal vir kombinasie en olierige velle is, bou voort op die sukses van ons kernseramiedkapsules, die Advanced Ceramide Daily Youth Serum. Die serum word aangedryf deur velversterkende fitoseramiedes en siklopeptiede wat die porieë vervolmaak, vinnig opgeneem word om die vel se versperring te versterk en die vel se gelaatskleur weer te herbalanseer.
Resultate:
- “Ná net een kapsule het nege uit tien vroue ’n dramatiese vermindering in sigbare porieë gesien.” (Gegrond op ’n verbruikerstudie waarin 62 vroue betrokke was en ná net een gebruik).
- “Velversperring is 28% sterker.” (Gegrond op ’n kliniese studie waarin 32 vroue betrokke was en ná net een week).
- “Ná net een week het koppige lyne sigbaar verminder.” (Gegrond op ’n kliniese studie waarin 32 vroue betrokke was en ná net een week).
- “Ná een maand stem al 100% saam dat hul vel gesonder voel en ligter lyk met ’n ander tekstuur.” (Gegrond op ’n verbruikerstudie waarin 62 vroue betrokke was en ná net vier weke).
Ervaar hoe dit net een dosis jou vel se versperring versterk en porieë vervolmaak.
Kernbestanddele:
FITOSERAMIDE: Boots die oorvloedigste en belangrikste seramiede na om die vel te voed en sterk te maak.
SIKLOPEPTIDE: Ondersteun kollageen binne die porieë se mure; verbeter en versterk die vel se tekstuur.
HEMISQUALANE: ’n Ligte versagmiddel wat oortollige sebum beheer.
Hoofvoordele:
- Voed beskermende lipiedversperring.
- Verfyn die vel vir ’n voorkoms sonder sigbare porieë.
- Herstel ’n meer gebalanseerde en stralende gelaat met meer helderheid.
Gebruik dit so:
Draai die kapsule oop, druk dit op die vingerpunte uit, maak warm en vee dit liggies op ’n skoon vel.
Beskikbaar in winkels aanlyn vanaf 1 Junie 2023 in uitgesoekte Woolworths, Edgars, Foschini, Truworths, DisChem en Clicks. Dis ook aanlyn deur Takealot en Superbalist beskikbaar.