Met ShowMax kry jy toegang tot ’n groot verskeidenheid Afrikaanse en internasionale reekse en flieks. Volledige seisoene van gewilde kykNET-sepies soos Binnelanders en Villa Rosa, dramas soos Getroud met Rugby en realiteitsreekse soos Boer soek ’n vrou, Nataniël en Jan Braai is onder andere beskikbaar. Daar is ook ’n klomp programme van Via soos Die Kliek, Pasgetroud en Op pad met Dana.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Verlustig jou in van die gewildste internasionale reekse soos Suits, The Big Bang Theory en Game of Thrones. Ou gunstelinge soos Friends of Molly & Wors waarvoor mens nooit sal moeg raak nie, hope flieks en prettige kykgenot vir die jongspan is ook beskikbaar. Nou maak dit nie meer saak as jy op Donderdae-aande boekklub hou nie: jy kan maklik later met die jongste episodes van jou gunstelingprogramme opvang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
En as jy verlang na ou storielyne en karakters in Binnelanders, kan jy enige van die afgelope 10 jaar se episodes weer kyk. As jy nog nooit satelliettelevisie gehad het nie, is hierdie die perfekte geleentheid om die reekse te kyk waarvan almal altyd gepraat het. Onthou, dis nooit te laat om self die vermaak op jou eie tyd te geniet nie!
ShowMax bied die grootste versameling plaaslike en internasionale flieks en reekse. Geen ander Internet-TV-diens gaan jou soveel verskeidenheid gee nie. Dis boonop vreeslik maklik om te gebruik én bekostigbaar.
ShowMax is ’n Internet-TV diens. Al wat jy nodig het om aan te sluit is ’n internetverbinding. Kyk al jou gunstelingprogramme enige tyd, enige plek teen slegs R99 per maand. Jy kan al die beste internasionale en plaaslike programme op jou slimfoon, skootrekenaar, tablet, Apple TV, DStv Explora of slim TV kyk. Dit kan ook gebruik word met AirPlay en Google Chromecast. Stroom terwyl jy aanlyn is op enige van hierdie toestelle, of laai tot 25 programme op jou slimfoon of tablet af vir wanneer jy nie aan die internet verbind is nie.
Gaan nou na showmax.com en teken in vir die grootste versameling vermaak als op een plek. Jy sal nie spyt wees nie.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.