Al wat leef en beef het deesdae ’n wondertoebehoor in hul kombuis om “smoothies” mee te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is geen geheim dat vars vrugte en groente propvol noodsaaklike nutriënte is nie. Tog is vrugte hoog in vrugtesuikers en waar jy versadig sou voel na twee lemoene, kan ’n vrugtedrankie maklik vier lemoene insluit. Boonop word die vesel ook fyngekap en is dit dan minder effektief. Waar mense ’n masjien gebruik wat sap onttrek (juicer), word baie van die heilsaamheid met die pulp weggegooi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit is glad nie vreemd om vier porsies vrugte in een gladdejantjie te gebruik nie. Neem jy in ag dat dit as ’n drankie geniet word eerder as ’n maaltyd, kan jy ongemerk hope energie inneem onder die dekmantel van pure gesondheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Resepte sluit maklik ’n handvol neute en dubbelroomjogurt in, wat gelaai is met heilsaamheid, maar ook kilojoules.
Gladdejantjies met groente is veel beter omdat dit minder suiker bevat. Groentesoorte soos wortels en beet bevat heelwat suiker, maak dus seker dat jy minder daarvan gebruik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }’n Gladdejantjie met 3 kiwivrugte, 1 mango, 500 ml pynappelsap en een piesang (genoeg vir twee mense) bevat 2 455 kJ. Dus: 1 227 kJ per persoon. Boonop is dit baie hoog in suiker.
Een medium lemoen bevat byvoorbeeld 258 kJ. Gebruik jy dus twee lemoene in ’n gladdejantjie het jy reeds meer kJ as een 330 ml Coke (583 kJ). Dit is wel so dat vrugte veel gesonder as gaskoeldrank is, maar as jy jou suiker- en energie-inname dophou, is dit belangrik dat jy die sommetjies voor die tyd maak.
Vervang die pynappelsap met een koppie laevet-jogurt en een koppie ys. So voeg jy ook proteïene by. Kom in die gewoonte om groente by te voeg.
Lees ook: Kosblik-idees week 4
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.