kategorieë: VelsorgSkoonheid

Bikini-waksgids: 20 goed wat almal moet weet

Bikini-waksgids: 20 goed wat almal moet weet deur Suzanne Kotzé & Corné Greeff. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Doen jou huiswerk: Kry die beste terapeut só

Persoonlike aanbevelings is die beste as dit by ’n goeie terapeut kom. Vra jou vriendinne wie hulle gebruik.

As jy eers ’n terapeut gekry het by wie jy gemaklik voel, onthou om altyd daardie spesifieke terapeut te bespreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Beplan jou afspraak gedurende die ‘regte tyd van die maand.’

Beplan jou behandeling minstens drie tot vyf dae voor of na menstruasie, dit is seerder voor en tydens menstruasie.

via GIPHY

3 Weet waarvoor om te vra

Vind uit oor die verskillende wax-style, want as jy jou afspraak maak, moet jy sê watter een jy wil hê.

Moenie onder druk voel om ’n spesifieke een te kies waarmee jy dalk nie gemaklik is nie; die vol bos is glo weer terug!

Psst … As jy ’n Hollywood kies, sal jou terapeut jou vra om ook om te draai. Dit is alle hare wat gewaks word. Moenie skaam wees om ‘nee’ te sê vir omdraai as jy ongemaklik is nie. Ons sal dit nie vir nuwelinge aanbeveel nie.

via GIPHY

4 Jy moet hierdie tuis doen om voor te berei vir jou sessie

Gebruik ’n growwerige waslap of spons op die area so twee tot drie dae voor die tyd om die area af te skilfer.

Moenie op die dag van jou waks vooraf afskilfer nie, want dit kan die area meer sensitief maak.

#rrWenk: Vermy liefs growwe, harde, geparfumeerde lyfskrop.

5 Sit neer die skêr!

Die hare moet minstens 1-2cm lank wees, maar moenie lang hare vooraf sny nie, jy kan dit dalk net te kort knip.

#rrWenk: Onthou hierdie raad ook as jy ander vorme van ontharing gebruik!

via GIPHY

6 Drink ’n pynpil

As jy kleinserig is, drink ’n pynpil ’n halfuur voor die tyd.

#rrWenk: Drink iets soos Panado, maar geen aspirien nie, want dit kan jou bloed verdun.

7 … Maar geen wyn vir die pyn!

Nee, vriendin, ’n drankie voor die tyd kan dit erger, eerder as beter maak.

via GIPHY

8 Dra die regte uitrusting

Dra ligte, lospassende klere. Die meeste terapeute gebruik poeier ná die waks, en dit kan merke op donker kleure laat.

’n Stywe broekie kan dalk ook ongemaklik voel.

9 Doen hierdie om later skoon te voel

As jy nie direk van die huis af salon toe gaan nie, hou gerus ’n skoon broekie en ’n reinigingslappie (ongeparfumeerd) in jou handsak sodat jy skoon en nie selfbewus voel tydens en ná jou behandeling nie.

10 Wees betyds

As dit jou eerste keer by die salon is, sal jy dalk ’n vorm moet invul en jy het nie ekstra spanning nodig voor jou eerste besoek nie!

11 Gaan badkamer toe

’n Vol blaas gaan jou baie ongemaklik laat voel.

12 Trek uit

Ja, jy moet jou broekie uittrek.

Vou jou broekie in jou broek of romp toe. Daar sal gewoonlik ’n neersitplek wees hiervoor. Vra jou terapeut waar jy jou klere kan neersit as jy onseker is.

Sommige salonne gee ’n handoekie waarmee jy jou kan toegooi, maar baie salonne het dit nie.

13 Moenie skaam wees nie

Jou terapeut doen dit daagliks en sy sien niks wat sy nog nie vantevore gesien het nie!

#rrWenk: Dit help om geselsies te maak met jou terapeut.

via GIPHY

14 Jy mag vir ’n blaaskans vra

As jy in te veel pyn is, vra jou terapeut om jou net ’n oomblik te gee om te ontspan.

15 Asem in en uit op hierdie oomblikke

Asem in voor jou terapeut die was afpluk.

Asem uit terwyl sy dit afpluk. Dit help.

via GIPHY

16 Maak seker jy het die regte tuissorg-produkte

Die meeste salonne het produkte wat jy kan koop om ingroei-hare te voorkom (sien wenk 19).

Moenie verplig voel om dit by die salon te koop nie.

17 Geen seks direk na die tyd

Baie kundiges beveel aan dat jy 24 uur wag, aangesien jou porieë oop is en jou vel sensitief en waarskynlik geswel is en wrywing dit kan vererger.

Dit is ’n voorsorgmaatreël, want mens weet nooit hoe sensitief jou vel is, of hoe jy sal reageer op die wasverwydering nie.

Jy sal later self agterkom of jy regtig solank moet wag.

via GIPHY

18 Pasop vir jou stywe oefenbroek

Styfpassende (oefen)broeke kan skaaf. Stywe spanbroeke van sintetiese materiaal kan ook ’n oorsaak van ingroeihare wees,” sê Adrienne Cohen, stigter van Fino.

Trek liefs jou oefenbroek slegs vir oefeninge aan, en trek dit dadelik na jou oefensessie weer uit.

via GIPHY

19 Voorkom ingroei hare

“Ingroeihare kom voor wanneer die haartjies terugkrul en sywaarts terug in die rigting van jou vel pleks van boontoe groei. Dooie velletjies wat jou haarfollikel verstop, is een van die oorsake,” sê Adrienne Cohen, stigter van Fino.

“Skep ’n roetine van ordentlike reiniging, afskilfering en bevogtiging veral in die eerste week ná behandeling om ingroeihare te voorkom,” sê Meghan Tear Percy van NakedCherry.

20 Maak jou volgende afspraak!

Drie weke is gewoonlik die aanbevole tyd om te wag, aangesien jou haargroei 1-2cm lank moet wees.

Lees ook: Hare op ongerieflike plekke: Ons toets laserhaarverwydering

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.