kategorieë: Blogs

Goedgelowig, goed verloor

Weekliks lees ons in die pers van iemand wat ’n reuse bedrag geld in goedertrou oorbetaal het aan iemand wat toe blyk nie so goed en trou te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hande-in-die-hare vertel die slagoffer dan dat hy eenvoudig nie kan verstáán hoe dit dan kon gebeur het dat al sy pensioengeld nou weg is nie. “Alles aan die e-pos het só opreg gelyk en geklink. Daar was selfs ’n briefhoof van die makelaarmaatskappy aangeheg…” prewel die arme en árm ingeloopte dan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dan skud ek my kop en wonder heimlik of die man sowaar die laaste dekade of twee in ’n grot iewers aan die buitewyke van die planeet gebly het waar Die Burger nié soggens kort voor ses afgelewer word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want selfs ’n blondine weet dat daar een ding is wat jy nie doen nie, en dit is om jou swaarverdiende geld of bankbesonderhede of selfs jou hond se veeartsrekords goedsmoeds aan ’n gesiglose vreemdeling te oorhandig. Al is jou hart suiwer en jou bedoelings opreg. Verloor gaan jy verloor. Hetsy dit nou jou swaarverdiende geldjies of Wagter se respek is.

Onlangs vertel ’n vriendin hoe ’n man met ’n lys en ’n lang storie by haar ouma se meenthuis opgedaag het. Begeesterd het hy vertel hoe baie hy omgee vir bejaardes en dat hy dit as sy lewensroeping beskou “om die oumensies te help om hulle geldjies mooi op te pas en selfs te laat verdubbel”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek ken dié ouma van sien en ek weet dat die ouma nie sommer jou alledaagse “oumensie” is nie. Sy staan ’n outydse vyf voet agt in haar Green Cross-sandale en sy is daagliks aktief op sosiale webwerwe.

Sy het die selfverklaarde barmhartige samaritaan glo ingenooi, die veiligheidshek weer agter hom gesluit, haar selfoon uit haar voorskoot gehaal en die nommer op die vorm wat sy moes invul om haar spaargeld te laat verdubbel, geskakel. Na die derde keer dat dié nommer beset was, het die knaap glo redelik gestaan en trippel en mooi broodjies bak oor hoekom “sy onderneming” se nommer dan beset bly.

Ouma was onverskrokke. En toe sy hom vra wie sy ouers is en wat sy ma se telefoonnommer is, het hy in ’n koue sweet uitgeslaan en begin om verskoning vra dat hy haar tyd gemors het. Ouma het intussen “Mevrou” geword en sy het hom sommer ook gewaarsku dat sy hom nooit weer in die buurt wil sien nie voor sy die deur vir hom oopgesluit het.
Vatso, Katvis.

Maar die val vir ander se skelmstreke of blote bogstories is nie tot ’n bepaalde ouderdomsgroep beperk nie. Ek sien daagliks hoe tydgenote en jongeres nonsensnuus en kuberkettingbriewe verkondig en aanstuur sonder om twee sekondes verder te dink as wat hulle neuse lank is.

Dalk is ek inherent té sinies, maar ek kon nog nooit insien hoe die aanstuur van ’n bewusmakingsbrief oor kinders met knopknieë in Kazakhstan régtig sal sorg dat elkeen van hierdie maatjies vyf Amerikaanse sente per aangestuurde brief én modelbene verdien nie.

En ek twyfel of Sol Kerzner régtig vir al drie miljoen mense wat so goedgelowig “sy” bemarking-e-pos oor sy nuutste eilandoord aanstuur, ’n langnaweek se luukse verblyf pasella sal gee.

Maar, wat my summier ’n breinfloute gee is die stomme siele wat dink dat hulle hul medemens ’n guns bewys deur hulle te waarsku teen byvoorbeeld ’n mensvreterinsek wat via larwes van onder die vuil vingernaels van kinderarbeiders in Oosterse klerefabrieke tot reg binne die some van onderklere kriewel en aan niksvermoedendes in helderbeligte aanpashokkies in die Wes-Kaap knaag. Ek vermoed selfs die mensvreterinseklarwe se IK is hoër.

’n Nuttige skakel as jy ooit sou twyfel oor die “raar, maar waar”-waarde van ’n kettinggerug, is www.hoaxslayer.com . Daar word kure vir knopknieë en kuberlarwes bra vinnig ’n nekslag toegedien.

Hulle sê daar is nie pille vir domgeit nie. Maar lag is die beste medisyne. So ek sluit af met ’n giggel wat onlangs in my boodskapboksie beland het:

Sewe domste vrae wat mense jou vra:

1. As jy met jou oë toe lê: “Slaap jy?”
Nee, ek’s dood. Los die blomme en skoert.

2. Iemand bel jou op jou landlyn by die huis: “Is jy by die huis?”
Nee, ek is in China. Praat harder, Masekind.

3. Jy kom uit die badkamer en is nog nat: “Het jy gebad?”
Nee, ek het in die toilet geval.

4. Wanneer jy op die grondvloer in ’n hysbak staan: “Gaan jy op?”
Nee, ek wag dat Edgars afkom en my kom haal.

5. Jy staan met ’n bos blomme voor jou meisie: “Is die blomme vir my?”
Nee, ek het dit vir my gekoop om spesiaal te voel, maar jy mag vinnig daaraan ruik.

6. Jy trek jou swembroek aan: “Gaan jy swem?”
Nee, ek is op pad na ’n formele ete saam met Ryk Neethling.

7. Jy vat jou motorsleutels en mik vir die motor: “Gaan jy ry?”
Nee, ek gaan boomklim en myself teen eekhorings beskerm met die sleutel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.