kategorieë: Gesondheid

Goeie visie vir die vakansie

Maak seker jy het perfekte visie hierdie vakansie en feesseisoen

Die somervakansie en feesseisoen is die beste tyd om saam met familie en vriende te geniet. Dit is ook wanneer baie vakansiegangers lang afstande bestuur en baie tyd in drukverkeer spandeer. Dit is uiters belangrik vir bestuurders om altyd uitstekende visie te hê, veral voordat hulle agter die motor se stuurwiel inklim. Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg vir bestuurders:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die goue reël: Laat doen ’n oogtoets vóór die vakansie begin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens Andre Horn, assistent besturende direkteur van Mellins i-Style, maak dit nie saak hoe oud of gesond jy is nie. Gereelde oogtoetse is belangrik. “Tydens ’n oogondersoek sal die oogkundige nie net die kwaliteit van jou bestaande visie ondersoek en kyk of jy ’n bril of kontaklense nodig het nie, daar word ook na jou oë se algehele gesondheid gekyk soos beserings en vroeë oogkwale wat gloukoom, katarakte en makulêre-degenerasie kan insluit. Baie van hierdie probleme kan steeds behandel word as dit vroeg genoeg gediagnoseer word”, verduidelik Horn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oogkundiges identifiseer baie keer eerste chroniese siektes en toestande soos diabetes en hoë bloeddruk.

Jou oë word ook ondersoek om te sien of hulle as ’n ‘span’ saamwerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Oogkundiges beveel oogondersoeke gewoonlik elke twee jaar aan”, sê Horn. In sommige gevalle word mense aangeraai om meer gereeld hul oë te laat ondersoek, veral onder die volgende omstandighede:

• ’n kind wat bril dra
• diabete
• ’n persoon ouer as 40 is met ’n familiegeskiedenis van gloukoom
• ’n persoon ouer as 70

’n Oogtoets by ’n Mellins i-Style ZEISS Experience-praktyk is die ideale gesondheidsondersoek vir die feesseisoen. Die geoutomatiseerde toetstoerusting wat Mellins i-Style gebruik, is vier keer meer akkuraat in vergelyking met enige ander tegnologie tans beskikbaar. Een van die futuristiese toestelle, die ZEISS i-Profiler, maak die presiese meting van die oog se oppervlak met al sy klein en onegalige kontoere moontlik. Die oogtoets karteer sowat 3 000 punte (amper soos ’n vingerafdruk) outomaties en akkuraat binne 90 sekondes.

Die lens wat uiteindelik voorgeskryf word bied tot 30% beter visie vroegaand en in laelig-toestande, in vergelyking met enige ander lens omdat dit presies volgens die ‘vingerafdruk’ van jou oog vervaardig word. Dit kan ’n dramatiese verbetering in nagvisie en kleur- en kontrasonderskeiding beteken.

Vir meer wenke en raad oor gesonde visie, besoek www.mellins.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.