Gort-en-Koeskoes-slaai met Geroosterde Lemoenslaaisous deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel
Gort-en-Koeskoes-slaai met Geroosterde Lemoenslaaisous
Serves: 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 10 ml (2 t) fyngekapte knoffel,
- 15 ml (1 e) fyngekapte gemmer,
- 5 ml (1 t) fyngekapte rooi brandrissie
- 125 g gort
- sout en swartpeper
- 125 g koeskoes
- 100 g granaatpitte
- 100 g amandels, ruweg gekap
- hand vol kruisement
- hand vol koljander
- Lemoenslaaisous
- 15 g botter
- 2 lemoene, rasper eers die skil af en sny middeldeur
- 10 ml (2 t) fyngekapte knoffel
- 10 ml (2 t) fyngekapte gemmer
- 15 ml (1 e) korrelmosterd
- 15 ml (1 e) appelasyn
- 10 ml (2 t) heuning
- 15 ml (1 e) whisky
- 60 ml (¼ k) olyfolie
Instructions
Lemoenslaaisous
- Braai die halwe lemoene vir 5-7 min. of tot goudkleurig en gekaramelliseer in die gesmelte botter. Druk die sap in ’n kastrol uit.
- Voeg die lemoenskil, knoffel, gemmer, korrelmosterd, appelasyn, heuning, whisky en olyfolie by. Geur met sout en swartpeper.
- Bring tot kookpunt. Haal van die stoof af en hou warm.
- Braai die ui, knoffel, gemmer en brandrissie vir 5 min. of tot sag oor matige hitte in die gesmelte botter. 5 Voeg die gort en 1 liter (4 k) water by. Geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en laat prut vir 30-35 min. of tot die gort gaar is.
- Skep die koeskoes in ’n middelslag-mengbak. Geur met sout en swartpeper. Gooi 250 ml (1 k) kookwater by en maak die bak met kleefplastiek toe. Laat staan vir 5-10 min.
- Haal die kleefplastiek af en roer die koeskoes met ’n vurk deur.
- Meng die koeskoes, gort, granaat-pitte, amandels, kruisement en koljander in ’n groot mengbak.
- Roer die warm slaaisous deur die bestanddele. Sit met vars kruisement- en koljander-blare voor.
Sit hierdie slaai voor saam met ons stadig geroosterde Marokkaanse lamsblad
Catherine Schenck
Lees Meer
Broodslaai met ’n verskil
06/09/2024