Genoeg vir 4
olyfolie
3 ml (½ t) brandrissie
5 ml (1 t) knoffel
5 ml (1 t) gemmer
sowat 300 g gesnyde roerbraaigroente
fyn gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
hand vol boontjiespruite
½ klein wit kool, papierdun gesny
100 g (1 pakkie) kasjoeneute, gerooster
sout en gemaalde swartpeper
hand vol koljanderblare, gekap
500 ml (2 k) basmatirys
vars of gedroogde klapperkrulle
1. Verhit die olie in ’n wok of groot braaipan oor hoë hitte. Soteer die rissie, knoffel en gemmer vir 30 sek. daarin. Voeg die roerbraaigroente by en braai vir sowat 2 min. tot gaar, maar nog krakerig.
2. Roer die boontjiespruite, kool en neute deur. Geur na smaak.
3. Roer die koljanderblare deur en sit voor met basmatirys en klapper.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.