Partytjietyd!
Landskap vertel stories ég aan ons land en sy mense en speel met unieke temas van die Suid-Afrikaanse kultuur. Die sielvolle produksie het weggestap met die WoordTrofee-toekenning vir “Beste Woordkunsproduksie” tydens die 2017 Woordfees in Stellenbosch. Vier stemme skep ’n landskap van musiek met toonsettings van onder meer Antjie Krog, Koos du Plessis, Eugene Marais en Breyten Breytenbach, Sheila Cussons, NP van Wyk Louw, Boerneef en Fanie Olivier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die bekende gedigte word opnuut gehóór en omsoom met ’n melodie wat musiek so deel maak van die teks. Alle kulture van die Suid-Afrikaanse landskap word besing; van Mabalel, “Last Grave at Dimbaza”, tot die Khoi-gedig “Nuwe maan”, asook ’n Griekwa-Psalm en ’n Boerneef-gedig wat die Kaapse landskap besing. Só bring die musikale ritmes en akkoorde nuwe vlerke aan van die mees bekende tekste uit ons land se poësie-skatkis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daarmee saam die beeldskone, visuele interpretasies van die gedigte deur die talentvolle grafiese-ontwerpkunstenaar, Rudi Silbermann, en jy skep ’n atmosfeer wat nóg meer dinamiek en diepte gee aan die gedigte. Kom vier saam die beeldskone tekste van ons mees gevierde Afrikaanse digters en luister na klassieke Afrikaans soos “Huisie by die see”, dié keer met ’n nuwe Afrika-ritme.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Bespreek jou kaartjies NOU by Computicket
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Waar: kykNET Konservatorium @ Aardklop Kunstefees
Wanneer: 3 Oktober 17:30 | 4 Oktober 15:00 | 6 Oktober 09:30 | 7 Oktober 12:30
Kaartjies: R130
Duur: 75 min
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.