Genoeg vir 6-8
Bestanddele
- 280 ml (1 k + 2 e) sagte botter
- 375 ml (1½ k) suiker
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 1 eier
- 750 ml (3 k) koekmeel
- knypie sout
- 100 g (1 pakkie) gesplinterde amandels
- 100 g (1 pakkie) gedroogde bosbessies (cranberries)
- 200 g (2 blokke) donkersjokolade, gekap
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat van 30 cm x 40 cm met bakpapier uit.
- Room die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig. Klop die eier by tot goed gemeng.
- Sif die meel en sout by die bottermengsel en meng in. Meng die amandels, bosbessies en sjoko-lade daarby in.
- Skep eweredig op die bakplaat en maak glad bo-op. Bak vir 30 min. of tot goudbruin en gaar.