kategorieë: Kalender

Grootvoël Boeremusiekfees

Binnekort gaan daar vir twee dae boeremusiek gepraat, gedans en geslaap word wanneer die Grootvoël Boeremusiekfees vir ’n derde keer op Vrydag, 23 September en Saterdag, 24 September op Oudtshoorn aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié gewilde boeremusiekfees het sy ontstaan te danke aan Willem Marais en Daantjie Kotze wat tydens ’n skoolreünie in 2014 besluit het om ’n fees eksklusief met boeremusiek te begin. Oudtshoorn is ook alombekend as die “grootvoël paradys”, daarom die naam vir die fees. Ses orkeste het saam gespeel en gesorg vir ’n groot samekoms in sy eerste jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar kan feesgangers uitsien na orkeste soos, Die Kaapland Boereorkes, Outydse Klanke Orkes, Die Stoepsitters en Die Sanvelders. Benewens die lekker musiek, gaan feesgangers ook getrakteer word met die lekkerste kos vanuit die omgewing en selfs ’n kontantkroeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verskeie stalletjies wat egte feeskos, soos oliebolle, skyfies, biltong, koffie en ontbyt-jaffels verkoop gaan ook sorg vir ’n feestelike atmosfeer terwyl die kleinspan kan uitsien na ’n gebied spesiaal toegewy aan hulle.

Kaartjies vir die fees is nou by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar en beloop R30 per dag of R50 vir ’n naweekpas. Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang. Kaartjies is ook aanlyn by www.boeremusiekfees.co.za beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.