kategorieë: Leef gesondGesondheid

Gulde reëls vir gesondheidstoetse

Een uit elke twee hartaanvalle word aan hoë cholesterolvlakke gekoppel, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie. As jy soos ek is, spoed die jaar/jare verby, sonder dat jy by daardie basiese toets uitkom. Stap nog dié week by jou naaste Clicks-apteek in en doen jou basiese toetse vir cholesterol, bloeddruk en diabetes op die bekostigbaarste manier beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Bang vir wat die toets gaan verklik? Moenie wees nie, want dit wys jou net hoe jy kan verbeter. Sien dit soos Thomas Edison, die vader van die gloeilamp: “Ek het nooit misluk nie. Ek het net nog ’n manier ontdek wat nie werk nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Verstaan die toets. Stel vas wat die uitslag eintlik sê. Ons het die volgende vrae oor die HbA1c-toets gevra. Vra soortgelykes omtrent enige ander toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Wat sê dit? Die gewone glukosetoetse sê wat jou bloedsuiker op die oomblik is; die HbA1c sê wat jou gemiddelde bloedsuikervlakke die afgelope tien tot twaalf weke was en sê dus hoe goed jou diabetesplan vir jou werk. Jy wil hê dit moet goed met jou lewenstyl saamwerk om komplikasies lateraan te verminder.

• Hoe werk dit? Glukose, die brandstof wat jou liggaam gebruik, heg aan die hemoglobien in jou rooibloedselle. ’n Rooibloedsel leef sowat drie maande. Die hoeveelheid glukose in jou rooibloedselle wys dus hoeveel glukose in jou bloed beskikbaar was. Hoe minder onbenutte glukose in jou bloed hoe beter vir jou diabetes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Moet jy voorberei op die toets? Hoewel jy vir party toetse moet vas of op ander maniere moet voorberei, hoef jy vir hierdie een niks te doen nie.

• Wat is “goed”? Vir die HbA1c is enigiets onder 5,7% uitstekend. Van 5,7 – 6,4% beteken jy het prediabetes. As jy jou leefstyl nóú aanpas, kan jy nog jou pankreas red. Jy het nog uitkomkans. Bo 6,5% beteken jy het reeds diabetes. Jy beheer jou diabetes baie suksesvol as jy jou HbA1c onder 7% kan hou.

• Hoe gereeld moet jy die toets herhaal? Prediabete moet die HbA1c een keer per jaar doen; tipe 1- en tipe 2-diabete word 3-4 keer per jaar getoets. As jy op nuwe medikasie gaan, sal jy moontlik meer getoets word om te monitor hoe goed jy daarop vaar.

Wees gemiddeld

Ons is so gekondisioneer dat sukses beteken jy mik vir die meeste, hoogste, verste, vinnigste, laagste en so aan. By gesondheid werk dit net mooi andersom: jy vaar die heel beste as jy alles matig doen: matig oefen, matig slaap, matige porsies inskep, matig drink, matig in die son kom en so aan.

Gebruik toetse vir sukses
Sommige toetse is bedoel om probleme op te los, soos die Clear Blue- digitale ovulasietoets. Volgens die vervaardigers is vroue gemiddeld ’n skamele 26 dae per jaar optimaal vrugbaar. Mis hierdie paar kanse en nog ’n jaar sonder ’n baba op pad is verby. As jy bo dertig is en nie tyd het om te verspil nie, kan ’n ovulasietoetsstel die raaiwerk uit jul pogings haal.

Pas aan by jou uitslag
Die perfekte bloeddruklesing is laer as 120/80. As joune hoog is, kyk watter doodgewone dinge jy vir jouself kan doen. Volgens ’n ondersoek kan jy met net drie koppies doodgewone tee per dag jou bloeddruk met nege punte laat sak. Probeer ten minste en kyk of dit vir jou werk.

Hou jou rekords
Jou uitslae skets jou geskiedenis, wat later belangrik kan wees. En bewaar jou toetsuitslae en verslae sélf. (Vra vir afskrifte.) Dokters, patoloë en apteke skuif, sluit en/of vernietig uitslae na verloop van tyd.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.