kategorieë: Leefstyl

Hallo Winter!

Suid-Afrika is sinoniem met dromerige sonsondergange en warm dae. Tog verdien die winter ook sy plekkie in die son. Bordspeletjies, goeie koffie en eg Suid-Afrikaanse rooiwyn gee ’n ander bekoring aan hierdie seisoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sybokhaar komberse, koffiemasjiene en die ryk kleure van die seisoen verewig hierdie tyd van die jaar in ons nessies. Wat is meer romanties as jou eie kaggelvuur om die winterkoue te verdryf?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke vir ’n warm winterhuis

• Drapeer oorgooi-komberse (throws) oor jou banke en stoele. Dit is perfek vir ’n aandjie voor die televisie.

• Voeg ekstra kussings met verskillende teksture by jou huidige versameling. Meer is meer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Herrangskik jou meubels vir lekker kaggel-kuiers.

• Drapeer tafeldoeke of -lopers op houttafels. Dit skep warmte.

• Skep vir jou ’n leeshoekie in ’n lekker sonkolletjie. Rig dit in vir die winter met jou gunstelinggemakstoel en tafeltjie vir daai koppie tee.

• Los matte is genadiger vir koue voete as kaal teëls.

• Swaarder gordyne skep meer atmosfeer in die koue as dunner weergawes.

• Betrek winterpatrone in jou huis. Geruit, garing, tweed of tapisserie is pure winter.

• Drapeer skaapvelletjies oor moderne draadstoele vir warmte en ’n unieke styl.

• Alhoewel dit nie sag en snoesig is nie, voeg ’n tikkie goud baie by tot die snoesigheid van ’n vertrek.

Verskaffers

@home www.home.co.za
Fireplace Warehouse www.fireplacewarehouse.co.za
Lavafires www.lavafires.co.za
mrp Home www.mrphome.co.za
Woolworths www.woolworths.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.