kategorieë: Nuut & NouKos

Handgemaakte sjokolade: kos van die gode

Die proses

Ons het by Honest Chocolate en De Villiers Artisan Chocolate gaan kyk (en proe) hoe dit gedoen word:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Kakaobone word in die fabriek gerooster om al die geur te onttrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 & 3 In die volgende proses word die bone gemaal en verfyn wat saam met die byvoeging van kakaobotter die sygladde tekstuur en smaak verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Sjokolade word met die hand getemper.

5 Die verleiding word in vorms gegiet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons gunsteling ‘Artisan’-sjokolademakers

COCOÁFAIR

Dié artisan-sjokoladewinkel is in die bekende Biscuit Mill in Woodstock. Hier maak Thor Thorøe en Antonio Allegra organiese sjokolade op  ’n volhoubare manier. Dit is ook vir hulle belangrik dat die kakaobone op ’n etiese manier verbou moet word. Hulle is veral nou betrokke by projekte in Uganda om die boere en gemeenskappe te help om infrastruktuur daar te stel sodat die boere uiteindelik selfversorgend kan wees. Besoek die winkel by die Old Biscuit Mill in Woodstock of bel hulle by 021 447 7355.

HONEST CHOCOLATE

Anthony en Michael van Honest Chocolate in Woodstock maak klein hoeveelhede sjokolade op die ou manier. Sjokolade word met die hand getemper en bonbons word nog met die hand in sjokolade gedoop (word daar ook vingers afgelek?!) Hulle gebruik net rou, organiese kakao uit Ecuador. Honest Chocolate bevat geen preserveermiddels, byvoegings of verdikkers nie. Anthony en Michael is ewe eerlik en opreg in die metodes en passie waarmee hulle regte, egte sjokolade maak. Besoek hul winkel in Walestraat 64A, Kaapstad, of kyk by www.honestchocolate.co.za

DE VILLIERS ARTISAN CHOCOLATE

Die De Villiers-gesin van die Spice Route-wynlandgoed buite die Paarl het wêreldwyd gesoek na die hoogste gehalte kakaobone en vandag word slegs die topvyfbone in hul Origin-reeks gebruik. Die sjokolade bevat ook geen sintetiese geurmiddels of groentevette nie – slegs kakao-botter word gebruik. Die fabriek is elke dag tussen 9:00 en 17:00 oop. Jy kan kyk hoe die sjokolade gemaak word en sommer proe ook (teen R25) of ’n lekker roomys en koffie geniet.  www.dvchocolate.com

VON GEUSAU-SJOKOLADE

Richard von Geusau is bekend vir sy delikate, handgemaakte sjokolade wat hy op die pragmooi dorpie Greyton maak. Hy gebruik gehalte- Belgiese sjokolade met ’n baie hoë kakao-inhoud en geen kunsmatige geurmiddels en byvoegings nie. Hy het saam met Kevin Arnold van die Waterford-wyn-landgoed by Stellenbosch ’n baie interessante sjokoladereeks ontwikkel wat perfek by wyn pas. Kyk by www.vgchocolate.co.za of bel hom by 028 254 9100.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.