kategorieë: Dra dit soMode

Klere vir elke troue

Swart formeel (Black Tie)

Die dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk in ’n lang rok?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Formeel

Formeel is ’n bietjie minder formeel as swart formeel. Jy kan ’n effens meer informele lang rok dra, of ’n elegante skemerkelkie-rok. En ja, jy mag swart dra na ’n troue! Maar vermy wit, tensy die uitnodiging uitdruklik sê gaste moet. Jy kan ook ’n broek dra na die formele geleentheid. Die broek moet egter noupassend wees, verkieslik in blink swart en die bloes daarby moet ’n absolute trofee van ’n bloes wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Semi-formeel

Jy wil verkieslik nie ’n rok koop wat jy nooit weer kan dra of net na troues sal kan dra nie. Dis nou jou kans om ’n skemerkelkie-rok met kleur of patrone, of ’n sjiek romp en mooi bloes, wat jy na die werk werk toe kan dra, te koop. ’n Sonrok vol persoonlikheid wat kan gaan van dag tot nag is ook ’n wenner vir ’n lente/somer troue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deftig-informeel

Deftig-informeel is een van die mees algemene en tog verwarrendste opsies. Gewoontlik is ’n romp en bloes of langrboek en bloes ’n goeie keuse. Indien jou uitrusting ’n bietjie meer informeel is, moet jou bykomstigehede meer deftig wees. Soos ’n langbroek en bloes met hoëhakskoene, ’n blazer en palmtassie (clutch). ’n Eenstuk (jumpsuit) is ook ’n wenner vir deftig informele troues. As jy ’n rok wil dra, hou dit eenvoudig en los jou rok met blinkers by die huis. Versier dit met ’n bonkige halssnoer en hakke.

Strand-troue

Hou die elemente van ’n strand-troue in gedagte, soos die wind wat moontlik kan waai. Vermy kort rokkies wat kan opwaai. ’n Sjiek midi sonrok met ’n paar sandale is ’n ideale opsie. ’n Wyerand sonhoed kan ook baie pret en stylvol wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.