kategorieë: Gesondheid

Hanteer ’n oognoodgeval só!

Die antwoorde kan jou verras … en as iets gebeur, is jy die een wat weet wat om te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Iets chemies soos ’n skoonmaakmiddel, spuitverf of tuingif spat in jou oog. Spoel jy jou oog uit met:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

A melk?
B kraanwater?
C soutwater?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al drie is goed, want elkeen verdun die meeste chemikalieë, en beperk so potensiële skade. As geeneen beskikbaar is nie, kan jy enige drinkbare vloeistof gebruik, solank jy dadelik begin spoel en sowat 15 minute daarmee aanhou. Moet net nie die oog toeplak of toe hou of net oogdruppels insit nie.
As die oog na vyftien minute se uitspoel bly brand of as jy dof sien gaan dadelik dokter toe.

2 ’n Muggie of iets skerp beland in jou oog. Wat doen jy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

A vryf jy die oog om dit uit te forseer?
B gooi jy oogdruppels in om die voorwerp te probeer uitspoel?

Wat jy ookal doen, moenie vryf nie. Gooi oogdruppels in en trek die boonste ooglid effens uitwaarts en dan afwaarts oor die onderste ooglid, wat help dat die voorwerp ‘los’ kom en kan uitspoel. As dit nie wil uitkom nie, hou die oog toe en gaan dokter toe.

3 Na ’n oogbesering of ’n hou op jou oog, loop daar bloed of deurskynende vloeistof uit jou oog. Wat doen jy?

A sit ’n papierkoppie oor jou oog en gaan dokter toe
B klad die vloeistof op en lê in ’n donker vertrek

Dit is ’n noodgeval. Gaan dadelik dokter toe.

4 Nadat jy brug gespring het (bungi jumped) of nadat iemand ’n laser in jou oog geskyn het, is alles wat jy met sien dof.

A dra ’n donkerbril vir die res van die dag
B gaan dokter toe

Gaan dokter toe. Jy kan jou sig verloor weens skade aan die retina of kornea.

Lees ook: Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: oognoodgeval

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.