kategorieë: Gesondheid

Help, ek kan nie slaap nie!

1 Is die TV/musiek af? Goeie slaap behels vyf opeenvolgende fases. Jy voel lekker uitgerus mits jy deur ’n vol, ononderbroke siklus gaan. Skielike geluide soos op TV ruk jou brein terug na die eerste fases sodat jy nooit ’n hele siklus deurslaap nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Het jy vandag oefening gekry? Ná oefening koel jy af. Díe daling in temperatuur maak baie mense vaak. Stap, spring tou of draf vroegaand totdat jy behoorlik sweet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Het jy die regte liefie-tyd? Vir die meeste mans is seks die kortpad na droomland, maar dit hou talle vroue juis helder wakker. Rantsoeneer dit tot jy beter slaap. Of wat van soggens, wanneer jy wakker wíl wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Is jy vaak? As jy helder wakker is, wil jou liggaam nié slaap nie. As jy deur die dag ’n uiltjie geknip het of baie passief was, kan jy verwag om daardie nag minder te slaap. Gee jouself 15 minute om aan die slaap te raak. As jy nog wakker is, staan op. Hou die lig gedemp en doen iets rustig soos om te lees tot jy werklik vaak is.

5 Raak jou kop rustig? Oorkom malende gedagtes en terugflitse oor die dag se ge-beure deur doelbewus op iets anders te fokus. Haal dertig keer stadig in en uit asem, of span jou spiere styf en ontspan tien keer. Nog ’n wenk: Hou ’n kommerklippie of iets kleins langs jou bed. Sodra die gedagtes opkom, vat jou klippie en fokus daarop. Rol dit in jou handpalm, en voel en ervaar dit. En maak werk van die eintlike bron van jou stres … by daglig, nie snags nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Raak jy rustig? Klim jy met ’n gejaag in die bed? Beweeg teen slaaptyd rustiger. Bad of stort langsaam, droog jou tydsaam af, masseer room aan jou gesig en lyf met rustige, ferm bewegings, rek jou lui uit wanneer jy in die bed klim.

7 Is die lig gedemp? Gebruik jy saans ’n dagliggloeilamp, want dis goed vir jou oë? Goeie plan, maar jou liggaam het ’n sirkadiese (dag)klok, met die son as sy sneller. Daardie gloeilamp verwar hom. Skakel ’n uur of twee voor slaaptyd oor na gedempter lig. Of steek die kerse aan.

8 Is jou hormone uitgepluis? Die menopouse krap vroue se slaappatrone om. So ook PMS, mangels en sinusinfeksie. Gaan spreek ’n dokter.

9 Het jy ’n slaaptydroetine? “Leer” jou brein dis sy slaaptyd met ’n vaste slaap-tydroetine soos om jou klere vir môre reg te sit, te bad en te lees voor jy in jou slaap-posisie draai.

10 Drink jy saans kafeïen? Met die kwik rondom nul is ’n mens lus vir iets warms voor slaaptyd. Los vir eers koffie, sjokolade (warmsjokolade ook!) en suiker. Wyn, kola-koeldranke en sigarette is ook opkikkers. Maak liewer kafeïenvrye rooibos- of heuningbostee en drink dit om die helfte met melk. Die kalsium in melk is kalmerend.

11 Is jou kamer knus? Te koud? Te warm? En jou slaapklere? Kies slaapgoed wat by die nagtemperatuur pas. Hou ’n ligte kombers byderhand om oor te gooi of af te haal sodat jy die heel nag gemaklik warm bly.

12Lê jy lekker? Jou kussingvulsel behoort “los” te wees sodat jy dit kan rangskik om die gaping tussen jou nek en die matras te vul. Moenie jou heupe vorentoe laat val nie – dit skep stremming in jou rug. ’n Kussing tussen jou knieë hou jou heupe in posisie. As jy op jou rug slaap, hou ’n kussing onder jou knieë jou ruggraat gemaklik reguit.

13 Het jy ’n stil slaapmaat/s? Jy kan nie jou man – of troeteldiere – se gesnork maar net uithou omdat “jou plek langs jou man is” nie. Jy gaan uiteindelik sukkel met moegheid, swak konsentrasie, depressie en selfs hartprobleme. Clicks verkoop verskillende soorte oorpluisies maar as dit nie help nie, is al oplossing verskillende kamers. Dalk ly jou man aan slaapapnee – waarvoor hy behandel móét word.

Kyk hier na die video:

Lees ook: Slaap en menopouse

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.