kategorieë: Dra dit soMode

Herbelin: Verandering is ’n beweging

Ontwerp vir môre vir meer as 75 jaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

MICHEL HERBELIN WORD HERBELIN

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nuwe era, nuwe naam. Hoewel die herkoms van Michel Herbelin altyd in die handelsmerk se identiteit geanker sal bly, kan HERBELIN toegeskryf word aan ’n familiesukses wat die begin van ’n simboliese luukse handelsmerk aandui.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die naam is verteenwoordigend van al die generasies se uitsonderlikheid – verlede en hede; al die handelsmerk se vakmanne wat hierdie uitsonderlike tydwysers elke dag geskep het; en die Franse stempel van briljante vooruitstrewendheid.

En nou gaan dit oor die toekoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

HERBELIN bring Franse ontwerp na die wêreldmark toe en vier die opening van hul Parys-boetiek

Om die handelsmerk se herlewing aan te kondig, het HERBELIN hul eerste vlagskip-boetiekwinkel in 2022, in Rue Bonaparte in Parys geopen. Dit is die ideale adres vanwaar hulle hul reputasie deur die wêreld kan stuur, hul handelsmerk se ikoniese modelle kan vertoon en ook ’n elegante vergaderplek vir alle stylliefhebbers te skep.

’n Tipiese solder in Parys

Die legendariese Saint-Germain-des-Prés-distrik is bekend vir hul herkoms en geskiedenis wat nou verbind is met Parys se kultuur en intellektuele lewe. Die distrik is vir sy sjiek, verfynde gees gekies. Die ruimte, wat die styl van die Franse handelsmerk weerspieël, lewe ’n pragtige huldeblyk aan die gees van die stad.

HERBELIN-INSPIRASIE MET IKONIESE FRANSE ONTWERPE

Die NEWPORT-horlosie het die eerste keer in 1988 oor die waters gereis.

Nou tydens die 35ste herdenking van Newport in 2023, gaan HERBELIN voort met die avontuur deur die versameling met ‘n nuwe model uit te brei wat nou gekoppel is aan ’n seetema: NEWPORT Chronograph for her.

CAP CAMARAT is deur roosgoud geïnspireer. Die reeks, wat vinnig ikoniese status begin geniet danksy die entoesiasme waarmee dit sedert sy bekendstelling in 2018 begroet is, spog nou met ‘n uitbreiding tot die sportiewe versameling met roosgoud. Dit vertoon klassiek in ’n ontwerp wat deur die jare sewentig geïnspireer is.

HERBELIN ontwerp ‘n Galet-horlosie wat soos die vroulike skelet lyk en wat die innerlike skoonheid van die outomatiese Switserse beweging vertoon – Sellita 11 1/2 SW200-1 Sa – Reserve de Marche – Kragreserwe 41. Dis ’n mengsel van vakmanskap, klassisisme en moderniteit. ‘n Ware polshorlosie wat elegant op vroue sal lyk.

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.