kategorieë: DieetGesondheid

4 dinge wat keer dat jy by jou dieet bly

4 dinge wat keer dat jy by jou dieet bly deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wát keer dat jy by jou dieet bly?

Elkeen van ons dieet met volmaakte sukses … tot iets ons pootjie. Soos ’n eetgier. Of ’n verjaardag. Of ’n besige dag. Of moeilikheid met Skoonma.

Klein dingetjies kan ons dieetplanne sink. Dit is dan net duskant van menslik moontlik om te volhard. Gee jy toe, is dit soos ’n damwal wat breek en al jou selfbeheer en sukses binne sekondes wegsleur en uitwis. Jou nr. 10-drome verdamp vinniger as mis in die Kalaharison.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tog kry party mense dit reg, al sukkel hulle met presies dieselfde probleme as ons.

Kan dit wees omdat hulle bewustelik of toevallig hierdie wetenskaplik gebaseerde formules toepas?

Hier is 4 dinge wat keer dat jy by jou dieet bly …

Lees ook: 4 middagete-foute wat jou gewig laat optel

1. Jy stres-eet

Eksamens, moeilike werksuitdaging, finansies, tieners se riskante gedrag, jou huwelik of ’n swak verhouding met iemand wat ’n groot rol in jou lewe speel – situasies wat jou laat voel jy misluk – skep stres.

Hongaarse navorsers het bevind dat die liggaam van mense onder stres tot 51 bykomende metaboliete vervaardig. Hiervan word 34 direk aan stres of stresverwante siektes soos hartkwale gekoppel. Jy ervaar ook simptome soos moegheid en slaaploosheid wat jy besweer deur meer te eet, veral soetgoed en koolhidrate.

Lees ook: Eet jy met jou hart?

Oplossing

Jy moet stres wegwerk. Een meta-ondersoek oor psigologiese gesondheid wys dat veral twee dinge help: fiksheid en enige vorm van persoonlike ondersteuning, soos van jou man, jou ma, ’n vriendin, ’n sielkundige, ’n onder-steuningsgroepie of ’n mentor.

Lees ook: 59 gesonde happies vir jou dieet

2. Jy vergeet jy dieet

Dit is waar ek faal. Kom ons noem dit dieet-aandagafleibaarheid. Italiaanse navorsers sê baie mense gee ’n taak onbewustelik op wanneer te veel dinge hul aandag in beslag neem.  Jy registreer nie dat dit ’n hou-by-jou-dieet oomblik is nie – en jy eet sonder ’n oomblik se huiwering of selfs skuldgevoel.

Lees ook: Koolhidrate – die groot, wit gevaar?

Oplossing

Jy het vlaggies deur die dag nodig om jou aan jou dieet te herinner. Die jongste is selfoon-apps, soos FitBit wat jou ure se geoefen vaslê, aanlynkosjoernale en selfs Wi-Fi-skale. Jy kan ook selfdoenopsies volg – sit ’n alarmliedjie met woorde wat jou inspireer op jou selfoon.

Opsies soos dieetslagspreuke op die yskasdeur, in jou koskas, by die ketel, op die spieël en in jou motor, lyk nou outyds maar hulle werk steeds.

Hang ’n rokkie waarin jy graag wil pas of jou nuwe jeans teen jou kasdeur. Dieetgroepe of ’n weeklikse afspraak met ’n dieetkundige kan ook help, want dit plaas jou dieet amptelik in jou dagboek.

Die struikelblok is dat jy ná ’n week of ’n maand “doof” raak vir almal van hulle. Die geheim? Verander hulle gereeld. Kies ’n nuwe selfoondeuntjie, toets ’n nuwe app. Hang nou al jou swemklere of fyngoedjies aan die kasdeur.

Lees ook: 5 dieetwenke wat vir almal werk

3. ’n Eetgier kom sit in jou kop

Jy weet hoe dit voel as ’n eetgier jou kop invaar. Niks anders maak saak as daardie sjokolade in jou laai, of die res van die poeding in die bak nie. Níks. Al is hierdie honger in jou brein, is dit oorweldigend en oortuigend werklik.

Lees ook: Hoekom jy nou dadelik suiker moet begin uitsny?

Oplossing

Die meeste mense smag na soetgoed, sjokolade, koffie of iets souterigs maar jy is eintlik op soek na iets anders, soos energie as jy te min geslaap het, of koffie vir die stimulasie van kafeïen. Jou brein weet hierdie kosse gee dit vir jou. Almal sê jy moet net vir twintig minute vasbyt, want dit is hoe lank ’n eetgier duur. Maar wat doen jy intussen? Blote selfdissipline is maar ’n brose ding. Dissipline alleen gaan jou nie lank of altyd help nie. Dit is doeltreffender om jou brein te leer om sy behoefte op ’n ander manier te bevredig.

Redes waarom ’n kosgier so ’n sterk houvas op mense het, word wyd nagevors. Een interessante een lui dat jy hom in jou verbeelding skep. Die oplossing is so eenvoudig as om jou verbeelding te kry om op iets anders te fokus.

Enige ander taak wat jou brein “kaap”, werk uitstekend. Australiese navorsing wys dat ’n spele-tjie soos Tetris giere vir kos en selfs dwelms met tot 30% verminder. Wat van sudoku, ’n woordblokraaisel of selfoonspeletjies?

Lees ook: Die beste dieetgeheim – porsiebeheer

4. Jy is regtig honger

Franse navorsing wys 54% van mense kla oor honger wanneer hulle dieet. Hongerte is ons tweede sterkste oorlewingsinstink, net ná dors. Daarom gaan jy hom nie wen nie. Bestuur dit liewer.

Lees ook: Jy kan ook vas!

Oplossing

Jy ís hongerder ná jy hard geoefen het, of as jou dieet te streng is. Oefen matig terwyl jy dieet – of ten minste nie meer as gewoonlik nie. ’n Halfuur per dag is genoeg.

Dieetkundiges beveel aan dat jy ’n bietjie meer vesel en/of proteïen en/of stysel in jou dieet sit omdat hulle jou versadig hou.

Die Banters sê die probleem is te min vet in jou dieet. Hulle beveel koeëlkoffie (koffie met bietjie botter), avokado of ’n bietjie kaas aan.

Kyk ook hoe laat die hongerte jou gewoonlik oorval, en hou ’n uur of wat voor daardie tyd ’n verstandige eetding byderhand. Baie mense is teen elfuur bitter honger omdat hulle nie ontbyt geëet het nie, of teen vyfuur omdat hul middagete nie versadigingskrag gehad het nie. Onderskep jou honger deur teetyd iets te eet, soos ’n growwe broodjie (lae GI-stysel) met gekapte eier (proteïen) en blaarslaai (vesel) of ’n appel met ’n bietjie kaas.

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.