kategorieë: Leef gesondGesondheid

Het jy griep of malaria?

Malaria-simptome stem baie ooreen met die tekens van verkoues. Tot nou toe was dit taamlik maklik om jou kanse op malaria te skat: jy kon doodeenvoudig vra of jy die afgelope drie weke in ’n malariagebied soos Mpumalanga, Zimbabwe, Mosambiek en verder noord in Afrika was. As jy tuis gebly het, was malaria uiters onwaarskynlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar vandat malaria nou al verskeie kere uitgebreek het in Pretoria en ander omgewings, soos in September 2017 in Pretoria en Kempton Park, het die prentjie verander. Die ou ‘resep’ vir diagnose werk nie meer nie. ’n Muskietbyt tuis kan nou ook malaria beteken … en wie in ons land is nog nie deur muskiete getakel nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Reismalaria

Die National Institute for Communicable Diseases (NICD) sê dit is ‘Odyssean malaria’, soos malaria genoem word wanneer ’n malariamuskiet toevallig ‘ingevoer’ word deur saam te reis op vliegtuie of in bagasie, taxis en busse wat van ’n malariagebied na ’n malariavrye gebied beweeg. Mense wat nie self in ’n malariagebied was nie, kan dus deur een van  hierdie muskiete gebyt word en malaria opdoen.

Volgens die NICD gebeur dit baie selde. Net 72 gevalle is sedert 2007 aangemeld in ons land. Dit lyk egter asof dit al meer algemeen voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aangesien malaria nie verwag word in malaria-vrye areas soos die Kaap en selfs so ver noord as Pretoria nie, is mense nie daarop bedag nie. Daarom word dit dikwels baie laat gediagnoseer, met ooreenkomstig groter risiko’s op komplikasies soos serebrale malaria.

Malaria-simptome, en hoe min dit van griepsimptome verskil

Dink nou aan alle somerverkoues as verdag. Die NICD beveel aan dat jy jou dokter gaan sien en jou bloed vir malaria laat toets as jy verkoue het plus die volgende simptome:

  • kouekoors wat afwissel met koors
  • hoofpyn
  • seer spiere en gewrigte
  • uiterse moegheid
  • geen eetlus
  • pyn en ongemak oor jou maag en moontlik oor jou milt
  • naarheid
  • diarree

Buiten die simptome van pyn oor die maag en naarheid, lyk malaria aanvanklik baie soos ’n swaar griep. Malaria word ewe maklik verwar met ander koorssiektes soos hepatitis, meningitis, ensefalitis, septisemie, bosluiskoors, bosluisbytkoors, gastritis, sistitis en selfs kongokoors, Ebola en Marburgsiekte.

Lees self die NICD se verslag oor malaria hier

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

23 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.