kategorieë: Bekendes

Leandie du Randt gesels oor nuwe projek

Vertel ons meer van jou en M.studio se nuwe dagbeplanner. Wat het julle laat besluit om dit te doen?

Mariaan van Mstudio het my genader nadat sy eendag by my en Bouwer se huis was vir ons troufoto’s-konsultasie (PictureMeAndU) en toe my daily planner op die tafel sien lê het. Toe dink sy net, “Why don’t we do something like that together?” Ek love haar online-winkel ilovemstudio.com en ek hou baie van haar smaak, so toe was ek in soos gin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat was jou rol in die projek?

Ek is bemarkingshoof en Skoonma.com, my klerereeks se online store, is die main verspreider daarvan. Ek het ook die main sê gehad in hoe die omslae en uitleg moet lyk. Mstudio was weer verantwoordelik vir die printing, design en fisiese uitleg van die beplanner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die drie ontwerpe is almal baie mooi en uniek. Hoe het julle daarop besluit?

Ek is erg daaroor om jouself te wees, maar hoe moet jy jou eie persoonlikheid uitleef as daar net een opsie is om dit te doen? So, toe dog ek ek wil ten minste 3 verskillende omslae en keuses vir die dames gee namate hulle persoonlikheid en smaak daarby aanklank vind. Ek hou van floral patterns so Mariaan het met verskillende designs gewoeker en dan die plain ene was vir die dames wat van meer plain designs hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van die “Vision Board” waarna jy in die beplanner verwys.

Ek het geleer by Rhonda Byrne wat The Magic geskryf het hoe om ’n Vision Board te maak en hoe belangrik en powerful dit is. Dit gaan daaroor om prentjies en woorde en aanhalings van dinge wat jy in jou lewe wil hê op ’n plakkaat of ’n muur te plak waar jy dit gereeld sal kan sien en dan kan envision. Wat jy heeltyd in jou gedagtes het en voor kan dankbaar wees asof dit alreeds gebeur het, is wat jy in die regte lewe na jou toe aantrek. Maar ek verduidelik mooi hoe om dit te benader en een te maak in die boek self.

Hou jy joernaal?

Ek hou nie joernaal nie nee, maar ek maak wel elke dag ’n lysie van 10 goed waarvoor ek dankbaar was daai dag of net in die algemeen voor dankbaar is. Elke dag sal my health, my man en my werk daarop wees. Ek het ook in die dagbeplanner elke dag ’n spasie gemaak waar jy 10 goed kan neerskryf waarvoor jy dankbaar is om jou daaraan te herinner om ’n lewe van dankbaarheid te leef. Want hoe meer dankbaar jy kan wees vir wat jy het, hoe meer sal jy ontvang om voor dankbaar te wees – Matteus 25:29.

Wat dink jy van #bujo (Bullet Journal)?

Ek het eers nou daarvan uitgevind (sjame on me) maar dit lyk amazing en ek sal definitief gaan loer en meer daaroor oplees. Baie mense hou nie van die elektroniese manier van dagboek hou nie en hou maar meer van papier en pen, maar ek doen sommer altwee om myself te double check. Daar is min dinge so lekker vir my soos om iets dood te krap as dit gedoen is of om ’n regmerkie langs dit te maak. Soms skryf ek sommer met ’n highlighter THANK YOU oor die hele bladsy as ’n dag klaar is en als gedoen is. Dit is baie satisfying en maak my baie dankbaar.

Wanneer het jy besef dit is belangrik om elke dag dankbaar te wees?

Toe ek The Magic in 2012 begin lees het, het my lewe heeltemal verander. Die trick lê daarin om dit elke dag actually te gaan toepas en so te lewe, anders wat help dit? En as jy dit vir lank genoeg doen, word dit ’n leefstyl. Ek hoef myself nie eers mee te herinner om so te lewe nie, dit gebeur vanself.

Waarvoor is jy die dankbaarste in jou lewe?

My gesondheid (geen geld kan dit koop nie), my man en my close mense en om te doen waarvoor ek lief is.

Leandie en Mariaan

Wat is jou wenke vir vroue rakende dankbaarheid?

Deur te begin by jouself. As jy nie dankbaarheid aan jouself en vir jou eie lewe kan betoon nie, gaan jy sukkel om dit vir ander te wys en te voel. Begin deur wanneer jy in die oggend in die spieël kyk nie eers te kritiseer nie maar dadelik dankie te sê vir die feit dat jy tot daar kon loop, kan sien (al is dit dat jy ’n bietjie moet stadig met die soetgoed, jy kan sien), dat jy gesond is en kan hoor, self badkamer toe kan gaan, klere het, ’n werk het, ’n man en kinders het … Daar is so baie om voor dankbaar te wees. En dit is waar dit begin. Daarna begin dit uit te brei na jou man wat so hard en lang ure werk, in plaas daarvan om hom uit te skel omdat hy laat huis toe kom. Dankbaar dat jy gesonde kinders het al is hulle soms stout, vir die mense wat die badkamers skoon maak by die mall, die vullis uitgooi, dan begin dit te spread tot by plekke wat jy nie kan glo nie en jou lewe verander merkwaardig.

Jy het ’n baie positiewe uitkyk op die lewe. Hoekom dink jy is dit belangrik om positiwiteit en goeie goed oor jouself te “spreek”?

Ja, ek glo erg daarin om goeie goed oor jouself uit te spreek, hence die naam van ons Dagbeplanner – I AM BLESSED 2018, want dan spreek jy elke dag as jy daai naam sien dit oor jou eie 2018 uit. Ek voel so sterk oor dit omdat daar in die Bybel soveel keer staan dat waarvoor jy ookal vra (spreek), glo asof dit alreeds so is en dit sal vir jou so wees. Daar lê baie krag in woorde, ons glo wat ons heeltyd dink en sê – so maak seker dit is mooi, positief en dankbaar. Pasop vir wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou lewe sê die Here, en ons almal weet dat wat in jou hart omgaan eventually by jou mond uitkom, so MAKE IT COUNT.

I am Blessed 2018 is in Afrikaans en Engels beskikbaar teen R170 elk (jy kry ’n gratis boekmerkie) en kan by Skoonma.com gekoop word. Elkeen van die dagbeplanners bevat ook ’n koepon met 10% afslag op alle aankope by Skoonma.com of ilovemstudio.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

20 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.