kategorieë: DekorLeefstyl

Hiberneer in styl – 7 mooi idees om vanjaar vir die winter nes te skrop

Hiberneer in styl – 7 mooi idees om vanjaar vir die winter nes te skrop deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om jou huis snoesig te laat voel kan jy hierdie 7 neigings oorweeg. Maak sommer nou al jou idees bymekaar en loer aanlyn om later lekker nes te skrop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Knus, bonkige komberse is ’n moet

Die snoesige handgebreide kombers het die skaapvel van verlede seisoen onttroon. Dit is nou die keuse in Skandinawiese huise.

Lees ook: Brei self ’n maklike, bonkige kombers

Handgebreide kombers (R1800) Esque

2. Binneshuise plante bly bobaas

Groen en loofryk is nou die in-ding. Hulle bring die buitelug binnetoe.

iStock/RyanJLane

Die plant van die oomblik: Rubberboom

Plant ’n rubberboom. Dit floreer in medium lig en jy hoef net water te gee as dit kurkdroog is. Hierdie boom kan tot 2.5 meter hoog groei.

Lees ook: Wenke vir binneshuise plante

Rubber boom Pixabay

3. Dramatiese beligting

Vergeet van ’n dramatiese kroonkandelaar. Kies liewer papier of vere vir tekstuur en hope drama.

Verander ook jou leefkamer van sterk LED-ligte na ’n Skandinawiese Zen-spasie tydens die winter.

Umo lantern (R3490) Weylandts

4. Vloerbedekkings met flair

Vir optimale warmte en styl kan niemand ’n pragtige mat klop nie.

Kies wol in monochromatiese strepe in plaas van die geykte chevron.

Fenix mat (R1 085) Takealot

5. Verf laat enige vertrek nuut lyk

Melkerige wit mure maak die meeste van natuurlike lig in die winter. Sagte grys is ook baie gewild.

Met vergunning van Dulux

6. ’n Gemaklike tuiskantoor is nou belangrik

Vir diegene van ons wat van tuiskantore gebruik maak, is dit nou tyd om dit ’n nuwe baadjie te gee. Hou die kleure universeel en lig en omring jouself met mooi bykomstighede en persoonlike foto’s.

7. Sjiek slaapkamer

Moenie van jou slaapkamer vergeet nie. Hier rus en herstel jy van alle stres. Wit is tydloos en eg Skandinawies. Gebruik baie tekstuur.

Verskaffers

Takealot | takelot.com

Esque | esque.co.za

Weylandts | weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.