kategorieë: KalenderOntspanning

Hier’s waarna jy kan uitsien op rrRADIO Seisoen 2

Hier’s waarna jy kan uitsien op rrRADIO Seisoen 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie maand kom die eerste seisoene van Tussen Ons en Tee & Taai Toffies tot ’n einde, maar moenie sug nie, want die tweede seisoen van elkeen begin dadelik daarna met interessante nuwe temas en gaste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die avonture van Liesl Burger in Botox, Barbies en Bietse kom ook tot ’n einde, maar dan begin ons splinternuwe spanningsvolle dramareeks, Dans met die rooi rok.

Onthou die vorige reekse en episodes is steeds, enige tyd, beskikbaar om na te luister! En die beste deel is – dis alles gratis!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Almal praat oor podsendings – maar wat is dit?

Hier is waarna jy kan uitsien op rrRADIO Seisoen 2

Waarna kan ek uitsien in Seisoen 2 van rrRADIO?

Loer hier …

Vervolgverhaal: Dans met die rooi rok

In dié spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor.

Amelie stap uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik, en sy en haar kinders trek na ’n vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans …

Die eerste episode van Dans met die rooi rok word op 10 Oktober 2019 uitgesaai.

Lees ook: Hoe om podsendings af te laai

Luister solank na Botox, Barbies en Bietse

Finansies: Ka-tjieng!

Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie!

In hierdie reeks help joernalis Anet Schoeman en ’n span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom.

Elke episode takel ’n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak.

Die eerste episode van Ka-tjieng! begin op 18 Oktober.

Lees ook: Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings – buiten rrRADIO, natuurlik!

Jou lyf, jou lewe: Tussen Ons Seisoen 2

Jy is mooi nes jy is!

In Tussen Ons Seisoen 2 gesels joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf – ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe.

Tussen Ons 2 begin op 8 Oktober.

Luister hier na Seisoen 1 van Tussen Ons

Bekendes: Tee & Taai Toffies Seisoen 2

Tee & Taai Toffies In die tweede seisoen gesels Ilse Salzwedel verder met interessante bekendes en glanspersoonlikhede, en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Tee & Taai Toffies begin weer op 23 Oktober.

Luister hier na Seisoen 1 van Tee & Taai Toffies

Hoe om te luister

Al die rrRADIO-podsendings kan vanaf rooirose.co.za of iono.fm gespeel word. Klik net op die rrRADIO skakel boaan die rooirose.co.za tuisblad of soek vir die rrRADIO-kanaal op iono.fm

Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts. As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy die stappe volg wat ons hier uiteenset.

E-pos rrradio@caxton.co.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.