Die wag is verby en die aap is amptelik uit die mou! Die brug seisoen 2 het afgeskop met meer drama, meer gevaar en meer ongelooflike kinkels as ooit tevore – en nou het kykers uiteindelik die sewe dapper mense ontmoet wat kans sien om hierdie baie taai toets van vertroue, spanwerk en hoogs waarskynlike verraad aan te durf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Episode 1 het almal dadelik aan die diepkant ingegooi. Die spel het nie met ’n verwelkoming begin nie, maar met ’n uitdagende kopkrapper. Om by die Houthuis in te kom moes die spelers eers die kode van ’n kombinasieslot ontsyfer. Wat binne op hulle gewag het, was selfs meer van ’n nare verrassing: ’n deurmekaar en chaotiese huis wat glad nie gereed was om in te woon nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hulle eerste missie as ’n span? Ruk die Houthuis reg en kry dit in ’n leefbare toestand. Maar net toe hulle begin nesskop, is nog ’n knuppel in die hoenderhok gegooi: Die groep moes ’n leier kies – slegs op grond van eerste indrukke – en binne ’n paar uur ná hulle mekaar ontmoet het die hartverskeurende besluit neem om een van die spelers huis toe te stuur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }En net toe hulle dink dit was nou die laaste onverwagse wending, wag die grootste kinkel van almal om die volgende draai. Die episode het geëindig met ’n geheimsinnige vreemdeling met die naam van Hirome wat die spel binnegestap het. Wie is hy? Waarom is hy daar? En wat gaan sy aankoms vir die oorblywende spelers beteken?
Die spanning loop hoog, die senuwees is dun, en die stryd om die R1 miljoen wat op die spel is, het maar pas begin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Elke speler bring iets unieks na die speletjie, maar gaan dit genoeg wees om daardie brug te bou en die prys te wen?
Kom ons kyk wie die spelers is:
Melissa Klein is ’n dinamiese vrou met ’n sagte hart en ’n sterk ruggraat. Sy is ’n getroude ma van twee seuns en voel geroepe om ander te ondersteun en op te bou. Haar lewe getuig van deursettingsvermoë, geloof en ’n vurige passie om van diens te wees. Sy is ’n begrotingsbestuurder in die Departement van Verdediging by die 2de Seinregiment, maar haar invloed strek veel verder – as stigter van ’n gemeenskapsorganisasie, mentor vir jong vroue en ’n stem van hoop op sosiale media. Sy is grootgemaak in ’n huis waar dissipline en hulpvaardigheid hoog geag is en het vir meer as 13 jaar in die weermag gedien. Sy is tuis in ’n outoritêre wêreld van uniforms, maar bly altyd elegant haarself met ferm grense en ’n sin vir humor. Haar storie is nie sonder pyn nie – veral die gebroke verhouding met haar biologiese pa is iets wat sy graag sou wou herstel. Die brug is vir haar nie net ’n kompetisie nie, maar ’n reis van selfontdekking, genesing en ’n kans om ander te wys wat moontlik is wanneer jy met geloof en eerlikheid leef. Melissa is nie hier om agtergrondmusiek te wees nie – sy’s hier om te groei, te verander en liefde, waarheid en krag na te laat.
Hannes is die man wat kan én gaan. Hannes is ’n ekstrovert met baie energie. Hy is gemotiveerd, ’n raakvatter en ’n aktiewe man wat sy vryheid as entrepreneur hoog op prys styl. Hannes is getroud, het drie jong kinders en is baie lief vir sy vrou. Hulle straal die beeld van ’n perfekte gesin uit, maar hulle moes al klippe kou en leiding soek om te verhoed dat hul familiebande verbrokkel. ’n Gesin is harde werk, maar dis die moeite werd. Hannes weet hoe om sy kop te gebruik en idees uit te voer wat tot voordeel van almal om hom is. Hy glo hy is ’n sterk leier en sal nie omgee om mense te manipuleer om te kry wat hy wil hê nie. Soms praat hy te veel en is oorvriendelik. Wanneer iemand nie van hom hou nie, krap dit hom erg om. Mense sien hom dikwels as die gom wat almal en alles bymekaarhou, en hy is goed daarmee om mense op te som. Hannes neem aan Die brug deel om te bewys elke mens verdien dit om hulself uit te leef soos hulle wil en dat jy sal uitstyg as jy bereid is om ander mense se perspektiewe ook in ag te neem.
Hanri is terug op die familieplaas naby Delmas nadat sy ’n suksesvolle loopbaan as restauranteur, wildbewaarder en advokaat in Botswana gehad het. Op die plaas bestuur sy die Bonsmara-beeskudde en veevoerfabriek. Sy weet hoe dit is om van vooraf te begin – sy het dit immers al ’n paar keer gedoen. Delmas bied dalk nie baie nie, maar Hanri is deesdae ’n kranige rolbalspeler en president van die rolbalklub. Sy is ’n natuurlike leier, en sy stel altyd ander bo haarself. Hanri is nie bang om die spel hard te speel nie, en mense moet ligloop vir haar. Sy pas maklik op enige plek aan. Haar sterk persoonlikheid trek mense aan en omdat sy altyd koel en kalm voorkom, verwag mense van haar om besluite te neem. Sy het in 2020 ’n groot gesondheidskrisis gehad wat haar lewe vir altyd verander het. Dit was geluk by die ongeluk, want sy is nou bly om weer op die plaas te wees, al verlang sy na haar lewe in die Kalahari. Hanri gaan die uitdagings wat Die brug bied, aangryp. Sy is vas van plan om seker te maak dat sy elke liewe oomblik geniet.
Hilana is ’n veelsydige vrou met ’n diep liefde vir die natuur en buitengewone dinge. Sy is douvoordag uit die vere om met haar branderplank die golwe by Jeffreysbaai te ry. Deur die dag is sy ’n kunsonderwyseres. Sy is lief daarvoor om op haar fiets in die berge te ry en in die wildernis te kamp en te bly. In die natuur is waar sy vrede en krag vind. Sy bruis van lewenslus, maar voel soms vasgekeer en dan verlang sy na haar eie ruimte. As alleenloper is sy gewoond daaraan om dinge op haar eie te doen, en sy wonder hoe dit gaan wees om in te pas tussen ’n groep vreemdelinge. Sy sien egter kans vir die uitdaging. Hilana is op soek na verandering en geleenthede om nuwe deure vir haar toekoms oop te maak. Sy wil ook ’n balans tussen lig en donker vind. Hilana wil graag Die brug wen, en reken sy is mededingend genoeg om van haar drome te verwesenlik. Die wete dat Die brug afspeel in die plek waaruit sy krag put – die natuur – vuur haar aan.
Jaco is ’n man met inbors. Hy hou van visvang, houtwerk en ’n eenvoudige lewe. Hy is getroud en die pa van ’n seun en ’n dogter. Jaco skrik nie vir harde werk nie en is altyd bereid om hand by te sit. Jaco glo jy kry wat jy wil hê deur skouer aan die wiel te sit. Sy grootste wens is om finansiële sekuriteit te hê en om sy familie gelukkig te sien. Jaco is fisies groot en sterk, maar liefdevol. Hy is ’n goeie mens, ’n goeie pa en sy woord is sy eer. Daar is seer in sy verlede wat hy wens hy kon genees, maar hy fokus nou met dankbaarheid op die hede. Jaco meen hy het die ervaring wat Die brug bied nou in sy lewe nodig. Hy is ’n man wat normaalweg sy laaste stuk brood vir iemand anders sal gee, maar hier het hy een doel voor oë – om Die brug oor te steek en die prys vir sy familie te wen.
Luwellen werk as ’n boubestuurder, en in sy vrye tyd is hy ’n kranige CrossFitter en ’n skolerugby-afrigter. Hy is fisies sterk, aktief en ’n man met ’n plan. Mense sien hom as behulpsaam, en hy sal ander altyd voor homself stel. Hy glo hy gaan ’n aanwins wees vir die span omdat hy weet hoe om hard te werk en hoe om ’n brug te bou. Luwellen is ’n getroude man, maar hy sukkel om mense te vertrou. Hy is eerlik, opreg en voel ernstig oor die lewe en die versorging van sy familie. Hy kan grootpraat as hy in die bui is, maar hy is eintlik nederig. Soms voel hy alleen, sonder liefde en vol vrees en kommer, en dis dan wanneer hy oefen. “Gesonde liggaam, gesonde gees,” glo hy. Luwellen is vasbeslote om te wen. Hy het baie prysgegee om te kan deelneem en beplan om die skatkis huis toe te neem na sy familie.
Wilhrisca is ’n model wat al oor die loopplanke van New York gesweef het en nou weer in Polokwane tuisgekom het. Sy is nie bang om haar sê te sê of om iemand op hulle plek te sit nie. Moet nie vir een oomblik dink sy is net ’n mooi gesiggie nie. Sy het ’n tegniese agtergrond en weet presies hoe ’n motor werk en aanmekaargesit is. Wilhrisca is gek oor karre, skep inhoud vir haar eie YouTube-kanaal (Drive Diva SA) en het ’n modelskool begin, bestuur en toe verkoop. Sy is ’n enkelma van ’n seuntjie vir wie sy alles in die wêreld sal doen. Haar eie kinderjare was nie maklik nie, en haar pa het haar grootgemaak om nooit ’n man in haar lewe nodig te hê nie. Wilhrisca is sterk, sy kan byt en sy sál. Die lewe het haar hard gemaak, maar sy verkies dit so. Wilhrisca wil Die brug wen, nie omdat sy die geld nodig het nie, maar omdat sy hou van die idee dat sy op televisie gaan wees en hoop dat ander geleenthede daaruit sal voortspruit.
Lees ook: Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor
Afrikaans is 'n unieke taal met 'n ryk geskiedenis en kultuur, hier is ’n paar…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Lucy Markewicz Die bekroonde wynplaas, Vriesenhof,…
Avokado-olie wat geen teenvetsure bevat nie en cholesterolvry is, is die ideale olie om in…
Ja, die mens se beste vriend beskik oor die vermoë om vinniger as blits tussen…
Deur Karla Janse van Vuuren. Foto’s: Verskaf Het jy al ooit in die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.