kategorieë: Leef gesondFiksheid

Jy kan ophou rook

Deur Salomé Delport. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eintlik wil jy bitter graag ophou rook. Maar jy is bang. Soos almal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy sien nie kans vir die weke se swaar kry wat wag nie. Nie nou nie. Die vetjies gaan aanpak. Hóé gaan jy werk, konsentreer en kuier?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke sigaret is jou persoonlike klein beloninkie vir al jou harde werk, uithou en deurdruk. En nou moet jy daarsonder. Jy moet iets opgee, en jy weet dit gaan soos dood in die familie voel. ’n Diep verlies. Wie pak swaarkry vrywillig aan?

Nog erger: jou poging kan misluk. Dit het al, en jy weet hoe skaam-verleë mens dan voel. Na so ’n mislukking verloor mens ’n bietjie van jou selfvertroue, selfwaarde, selfrespek. Mense is nogals meerderwaardig en selfs vermakerig as jy flop. Die rokers is eintlik bly. Van hulle kry jy hope negatiewe ondersteuning en versterking … mits jy misluk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar jy hoor dat tongkanker onder vroue toeneem: Selfs jong vroue van net oor twintig kry tongkanker. En al die ander kankers. As jy hoes is jou eerste skrikgedagte dat dit die begin van die berugte rokershoesie is. As jy voor die spieël staan staar elke nuwe plooi soos ’n verwyt terug

Lees ook: Hoe rook jou vel beïnvloed

Jou gewete plá want jy weet van die 600 000 mense wat elke jaar sterf  weens tweedehandse rook – jóú rook waarvoor jou kinders en selfs jou kat die prys kan betaal.

Ophou is nie maklik nie.

… Of is dit makliker as wat jy vrees?

Hoekom ophou rook makliker is as wat jy dink

Dink bietjie hieroor: al die geselsies tussen jou vriendinne en al die inligting oor rookstaak – soos hierdie artikel ook – beklemtoon alles wat negatief sal wees as jy ophou rook. Oor hoe swaar dit is. Hoe jy gaan smag na rook. Dat rook meer verslawend is as heroïen. En aan, en aan.

Lees ook: Die veiligste dwelms, wetenskaplik gelys.

Niemand, maar niemand, vertel jou dat dit eintlik maklik is nie, sê Elsie Britz, hipnoterapeut van die Hypnosis Center in Durbanville, Kaapstad.

“Dit is regtig so. Ek werk al by die twintig jaar met mense wat dit reggekry het om op te hou. Die mense stap by ons uit en hét ophou rook – sukses binne ’n uur. Hulle kry nie swaar nie en “ly” niks nie.”

Wat is die geheim?

“Sodra jy besef en ervaar hoe magtig jou brein is kán jy ophou rook. Rookstaak is niks meer en niks minder nie as ’n eenvoudige wilsbesluit.

“Dit is fisies ook nie so swaar nie. Die laaste bietjie nikotien is binne 72 uur uit hou gestel – waarvan jy ’n derde gaan omslaap.”

“Rookstaak gaan bloot oor positiewe denke. Daar is net een geheim van sukses, en dit is die oortuiging dat jy die vermoë het om op te hou rook.”

“Die vrees en angs om op te hou is baie erger as die werklike rookstakery. Ek hoor dit dikwels by mense dat die idee van ophou rook hulle so angstig maak dat hulle méér rook. Die druk en die verwagtings van die familie veroorsaak net soveel stres.”

“Al wat moet gebeur is dat jy moet glo dat jy kan. Régtig.”

Toets jouself: Hoe swaar rook jy eintlik?

Hipnoterapie vir ophou rook

“Jou onderbewussyn is soos ’n reusebiblioteek propvol inligting. Maar dit het leiding nodig.”

Sonder rigting is dit soos die stert wat die tier swaai, en rooklus regeer jou.

As jy egter diep in jou onderbewussyn pertinent die keuse maak om nie te rook nie regeer die tier die stert, soos dit hoort.

“Met hipnose gaan jy in ’n toestand van diep ontspanning. Met outosuggestie besef jy op ’n baie diep vlak hoe sterk jy in beheer is. Jy hóéf nie te rook nie. Niks dwing jou om te rook nie. Jy kies om vry van rook te wees – en daarom is jy.”

So maklik as dit, sê Elsie.

Sy het net een veredere stukkie raad: kyk wat jy gewoonlik doen terwyl jy rook en breek hierdie assosiatiewe patrone vir die volgende paar weke.

“Koffie, drankies en sekere tye, plekke en sosiale situasies is gewoonlik die grootste snellers wat jou aan rook bind. Al wat jy moet doen is om jou gewoontes op eenvoudige maniere te herprogrammeer.”

  • As jy byvoorbeeld altyd saam met jou koffie gerook het, koop voor jou hipnoterapiesessie iets wat net so lekker vir jou is: Dalk boegoe- of chaitee.  Of verander jou roetine deur vroeër of later of op ’n ander plek jou tee te drink.
  • As jy in die motor gerook het, luister na ’n oudioboek of jou gunsteling musiek om jou aandag af the trek.
  • As jy ’n roetine-roker was, maak klein veranderinkies daarin. Byvoorbeeld, as jy altyd sodra jy wakker geword het jou eerste sigaret aangesteek het kan jy nou as jou oggendroetine dadelik gaan stort of gaan stap. As jy na elke ete gerook het, bel iemand en gesels bietjie. Of speel rond op facebook of Pinterest.

Wat van rookstaakhulpmiddels soos medikasie en nikotienkougom?

Elsie sê dit is goed as ekstra hulp.

“Maar dié middels maak nie daardie grondkeuse nie. Jy is al een wat die mag het om te staak. Die essensie van rookstaak is dat jý kies om te staak. Hulle ondersteun jou wel fisiek deur die ontrekkingsimptome te verlig maar die eintlike verandering moet gebeur op die vlak waar jy kies. Na my mening werk hulle die beste in kombinasie met hipnoterapie.”

Wat kos hipnoterapie vir rookstaak?

Hipnoterapeute se fooie verskil maar jy kan verwag om R500-R600 te betaal. Sommige mediese fondse sal tot 40% van die fooi dek.

Die sukseskoers van hipnose as jy wil ophou rook?

96% by Elsie se praktyk.

As mense binne die eerste week selfs net een keer weer rook beveel sy aan dat jy dadelik vir ’n opvolgsessie kom om jou te versterk.

Enkele mense kom vir nog ’n sessie of twee.

Lees ook: Wees gesonder, hou op rook

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

20 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.