kategorieë: Ina GenadeBlogs

Hoe gemaak met parkeerbullebakke?

Soos die meeste wetsgehoorsame landsburgers, het ek die gewoonte om (meestal) te wag tot my motor se wiele stilstaan voor ek ’n foonboodskap beantwoord. Dus sit ek vanoggend gou in ’n parkeerplek voor die supermark en beantwoord my man se WhatsApp. Die volgende oomblik is daar ’n blikkerige slag en my foon val uit my hand uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die senior burger wat pas langs my stilgehou het, het dit goed gedink om sy motordeur wawyd oop te gooi om sy uitklimaksie te vergemaklik. Toe dawer hy sy wit motordeur teen my swart deur vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy het effe verbaas gelyk toe hy sien dat daar iemand in die motor sit waarteen hy so vaskletter, maar die volgende oomblik stap hy tongklikkend aan winkel se kant toe en mompel ewe: “Vroumense kan nie parkeer nie …”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My gereformeerde opvoeding, respek vir ouer mense en als ten spyt – ek het hom amper via ’n briesende boulaksie met my foon teen die kop geklits. Dan praat hulle van “die kinders van vandag wat nie meer respek het nie”?

A nee a, Omie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, hierdie is nie die eerste keer nie en seker ook nie die laaste nie.

So ’n jafel van ’n buurdorp het onlangs in ons middedorp sy skittersilwer fôbaaifô se deur hárd teen myne vasgeslaan met sy inklimslag. Ek was op pad om te ry, maar het toe maar doodluiters (en effe aspris) uitgeklim en om my motor gestap om die skade te bekyk.

Hy het halfpad uit by sy parkeerplek grootoog opgelet ek staan daar en hy het so ’n patetiese handgebaar gemaak voor hy brullend by die parkade uitry. Hy het seker nie gedink dat daar min genoeg motors met buurdorp-registrasienommers en kombinasies van vyf en nul is vir my om binne ’n minuut presies te weet wie hy is nie. Glo berug vir sy bullebakmaniere op die dorp. Klaarblyklik het nie alle blinkvosperde ridderlike ruiters nie.

Wat my verstand te bowe gaan, is hoe só ’n mens dink. Want, ’n deur wat teen ’n ander deur kap, kry mos ook ’n merk? Gee so ’n parkeerbuffel bloot net só min om vir sy eiendom as vir myne?

Daar verskyn deesdae gereeld foto’s op my sosiale mediavoer van motors wat wydsbeen in parkeerareas staan. Die fotonemers raas en blaas, want veral met maandeinde is dit mos onbeskof om twee plekke vol te staan as daar reeds so min parkeerplek is?

Tog begin ek al meer verstaan dat iemand eerder aspris twee plekke opeis, as om elke keer inkopiesak in die hand eers die nuwe duike en skrape te tel. Dit is nie asof mens die duike en skrape met spoeg en naellak kan wegtoor nie.

’n Vriendin vertel dat sy ’n spesiale skeloranje, ekstra-olierige lipstif in haar handsak hou vir sulke geleenthede. As iemand dan so goedsmoeds ’n deur teen haar motor oopslaan voor die persoon die winkel in verdwyn, klim sy eenvoudig uit en skryf in mooi duidelike letters op die bestuurderruit: “MAAK VERSIGTIG OOP – KRY SEER AS JY MY STAMP xx JOU DEUR”.

’n Koerantvriend van ’n ander buurdorp maak dit weer sy missie om die voertuie en registrasienommers van “lopende wonderwerke” af te neem en op sosiale media te versprei.

Dit blyk dat die parkeerarea van ’n groot supermarkgroep op daardie dorp bomenslike geneeskrag het, want elke keer as ’n parapleeg op een van die aangewese plekke reg voor die winkeldeur parkeer, gebeur ’n wonderwerk en so ’n persoon draf ligvoets die winkel in.

Ek staan ewe verstom oor hoe gereeld mense ons dorp se rolstoelvriendelike parkeerplekke misbruik. En, hoe kwaad hulle dan is as hulle uitkom en ’n wakker sekuriteitswag het hulle motorwiel laat vasklamp. Allerhande belaglike verskonings en dreigemente word rondgeslinger, maar skaamkwaad het nie brieke nie.

Sou dit nie minder moeite wees om die eerbare ding te doen en rolstoelparkering oop te laat vir diegene vir wie dit bedoel is nie?

Soos hulle sê: “Onnoselgeit is nié ’n gestremdheid nie” – gaan parkeer elders, man, sies.

* * *

Ek hoor graag van lesers wat doeltreffende idees het om parkeerbullebakke op die regte pad te help, en ook hoe ’n mens jou motor kan beskerm teen die nonchalante deurslaners ( inagenade@mweb.co.za )

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

6 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.