kategorieë: Dekor

Hoe om die regte hortjies vir jou huis te kies

Hoe om die regte hortjies vir jou huis te kies Deur Cornel Dunn Hooffoto: Blockhouse shutters

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hortjies is die GI Jane van sekuriteit – veilig en mooi

Daar is baie redes waarom jy hortjies vir jou huis kan kies.

  • Almal is vir vyf of tien jaar plus gewaarborg – wat jy nie van gordyne of blindings kan sê nie.
  • Boonop is dit veilig en word maklik skoongehou.
  • Hierdie hortjies raak nie uit die mode soos ander vensterversierings nie. Ja, dit kan dalk ’n gat in jou sak laat, maar op lang termyn is dit ’n wenner.
  • Dis ‘n goeie besluit om gordyne of blindings en diefwering deur een produk te vervang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe om die regte hortjies vir jou huis te kies

Ons het na ’n paar plaaslike handelsmerke gekyk om uit te vind wat jou huis sal pas.

Lees ook: Wat jy moet weet voordat jy in ’n slim-TV belê

American Shutters

Hierdie sekuriteithortjies verg min onderhoud. Die produk is duursaam en sterk. Alles word plaaslik vervaardig en is dus trots Suid-Afrikaans. Die slotstelsel is van albei kante van die hortjies bereikbaar.

Die produk is beskikbaar in drie standaard- afwerkings: satynwit, grys, steenkool – of unieke keuses.

American Shutters is vir vyf jaar gewaarborg.

Die hortjies is beskikbaar in ‘n skuif- of vouontwerp.

Lees ook: 5 mooi ligte wat jy self kan maak

Blockhouse Shutters

Dié maatskappy neem jou en jou gesin se veiligheidsbehoeftes ernstig op. Blockhouse Shutters is ’n goue filiaal van SASA, ’n lid van SAIA, asook ’n lid van die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid.

Die produkte sal die skoonheid van jou huis beklemtoon en dit terselfdertyd beveilig.

Lees ook: 5 dekorflaters, en hoe om hulle te vermy

CT Shutters

Hierdie hortjies kan gebruik word om lig, klank en die temperatuur te kontroleer. Belangriker: dit dien as ’n skild wat jou huis beskerm.

Die gepatenteerde ontwerp bied ’n dubbele sluitstelsel. Die bo- en onderkant van die hortjies is met sterk vlekvryestaalpenne versterk, en dit so só ontwerp dat dit nie oopgebreek kan word nie.

Die produkte is vir tien jaar gewaarborg.

Daar is vyf basiese mat kleure beskikbaar: wit, steengrys, liggrys, brons, antrasietgrys.

Lees ook: Laat jou sitkamer in juweelkleure skitter!

Plantation Shutters

Plantation Shutters vervaardig die hortjies binne 21 dae vanaf bestelling.

Die produk is ten volle herwinbaar en word van plaaslike aluminium vervaardig. Hoewel die klem op sekuriteit geplaas word, is die produkte elegant en stylvol.

Plantation Shutters kan byna vyftig kleure naboots.

Die groot pluspunt is die waarborg van 12 jaar.

Lees ook: 10 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n tuiskantoor skep

Taylor Blinds

Presies soos GI Jane, is hul produkte besonder taai. Die kuns van veiligheid en styl is vervolmaak.

Die produk laat jou met gemoedsrus – tuis of weg.

Taylor Blinds se hortjies is gesofistikeerd en ondeurdringbaar.

Die pryse is ook kompeterend.

Lees ook: Kry die meeste uit jou klein leefspasie

Verskaffers:

Taylor Blinds | taylorblinds.co.za

American Shutters | americanshutters.co.za

Blockhouse Shutters | blockhouseshutters.co.za

CT Shutters | ctshutters.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.