kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Hoe om jou kombuis slim te organiseer

Hoe om jou kombuis slim te organiseer Deur Cornel Dunn. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Dis tyd vir ’n diep-skoonmaak

Hier is ses dinge wat jy nou dadelik moet doen – en op ’n gereelde basis in die toekoms moet herhaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Pak alles uit jou kaste en laaie en ontsmet elke item sowel as die oppervlakke.
  2. Kyk na die vervaldatum op elke item en gooi die ou goed weg.
  3. Kyk ook met dieselfde oog na stukkende of afgeleefde items wat nie meer hul doel dien nie.
  4. Plaas alles op jou kombuistoonbank of tafel en beplan deeglik voor jy begin terugpak.
  5. Ontvries jou vrieskas en yskas een keer per maand en vee met ’n asynlappie af.
  6. Maak jou oond ook deeglik met asyn en koeksoda skoon. Laat die mengsel vir 10 minute aanbly voordat jy dit deeglik afvee.

Lees ook: Ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit moet maak nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Deel jou kombuis in sones op

Die rede vir sonering is om jou kombuis meer doeltreffend te maak.

Elke groep kombuis-items word na aan ’n stasie in die kombuis ingedeel.

Verseëlbare plastieksakkies, foelie en plastiekware word byvoorbeeld na aan die yskas geplaas omdat dit hoofsaaklik daarin gebruik word.

Lees ook: 7 dinge wat jy nou moet weet voordat jy weer ’n matras koop

Sone 1: Breekware en eetgerei

Alledaagse items soos borde, bakke, basiese glasware, koppies en eetgerei behoort so na as moontlik aan die wasbak of skottelgoedwasswer gebêre te word.

Stoor jou koppies en pierings in stapels van vier sodat jy nie deur ’n hele hoop eetgerei hoef te delf om iets te vind nie.

Lees ook: Die beste raad vir skoene wat sleg ruik

Sone 2: Kookgerei

Potte, panne, mengbakke, snyborde, houtlepels en spatels behoort so na as moontlik aan die stoof geberg te word.

Lees ook: Hoe om jou handsak en inkopiesakke reg skoon te maak

Sone 3: Koskas of spens

Droë bestanddele, speserye en groot kombuisitems moet in die koskas of spens geplaas word.

Verpak graanvlokkies, rys en ander droë bestandele in lugdigte houers om miet uit te hou.

Organiseer jou bakprodukte, blikkieskos, pasta en speserye asook kookolie en asyn apart.

Gebruik peperment-olie of kaneel om goggas weg te hou.

#rrWenk: Moenie insekweerders in jou spens of kruidenierskas gebruik nie!

Lees ook: Maak jou matte sonder ’n matmasjien skoon

Sone 4: Langsaan die yskas

Plastiekware, kleefplastiek, plastieksakkies, tinfoelie ensovoorts hoort naby die yskas.

Lees ook: Die mooiste inspirasie vir kombuise

Sone 5: Naby die ketel

Koffiebekers, koffie, suiker en verromer moet so na as moontlik aan die ketel of die koffiemaker geplaas word.

Lees ook: Alles wat jy moet doen voordat jy trek

Sone 6: Onder of naby aan die wasbak

Vervang jou sponsies en lappies gereeld. Elke veertien dae indien jy dit gereeld gebruik.

Afdroogdoeke moet daagliks in warm water gewas word.

Onder die wasbak behoort alle skoonmaakmiddels, swart sakke en ekstra handseep geplaas te word.

Lees ook: Die mooiste idees vir ’n wintervoorkoms in jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.