kategorieë: Leef gesond

Hoe om smaaklik suikervry te eet

Suikervry beteken eintlik fruktosevry

Ons liggame hardloop op glukose, een van die molekules in suiker. Sonder glukose kan jy nie leef nie. Hierdie vraelys wys jou hoe suiker, glukose en fruktose in mekaar steek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1

Die wetenskaplike naam vir suiker is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

a Glukose

b Fruktose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

d Sukrose

d Laktose

Die regte term is sukrose.

Sukrose is opgebou uit glukose en fruktose. Wanneer ons suiker eet, breek ons liggaam dit dadelik op in glukose en fruktose. Ons praat van suiker maar bedoel eintlik glukose en fruktose. Ons gebruik ook suiker, glukose en fruktose asof dit dieselfde ding is. Ons praat byvoorbeeld van bloedsuikervlakke maar wat ons eintlik bedoel is die vlak van glukose in ons bloed. Jou liggaam breek talle ander kosse soos proteïene (vleis) en stysels (soos brood) ook af na glukose, want dit is jou liggaam se vernaamste brandstof.

Laktose is die chemiese naam vir die suiker in melk, wat op sy beurt opgebou is uit glukose en galactose.

2

Watter een laat jou versadig voel?

a Glukose

b Fruktose

Glukose.

Glukose laat jou beide versadig en honger voel, en reguleer jou eetlus op ’n baie oulike manier. Dit is gebaseer op die die hoeveelheid glukose in jou bloed: As die glukosevlak in jou bloed sak, skakel die meganismes aan wat eetlus beheer. Jy voel honger en jy eet. Sodra die glukose genoeg gestyg het, skakel die meganismes aan wat versadiging beheer. Jy voel versadig en hou op met eet. Dit is juis die probleem met fruktose. Dit skakel nie eetlus af nie. Jy kan dus baie fruktose eet sonder om versadig te voel.

3

Wat is vrye fruktose? En is dit deel van die suikervry leefstyl?

a Fruktose in vrugte

b Fruktose in koeldranke wat met suiker versoet is

In die natuur is fruktose aan die vesel in die vrugte en groente gebind. Dit is dus nie vry nie. Maar in suiker en in kos wat met suiker versoet is, is die fruktose ‘vry’ en ongebonde. Jou liggaam neem hierdie vrye fruktose in koeldranke, gaskoeldranke, versoete water, versoete joghurt, versoete melk, konfyt en suikerlekkers baie gou op. Daar is plek vir gebonde fruktose in jou dieet, en selfs in ’n suikervry dieet. Maar vry fruktose behoort nie deel te wees van enige iemand se dieet nie – en beslis nie as jy suikervry wil eet nie. Dit verteenwoordig die slegste deel van suiker.

4

Wat bevat die meeste fruktose:

a Groente

b Vrugte

Vrugte. Hoe soeter dit smaak, hoe meer fruktose is daarin. Met ander woorde, die wit tafelsuiker wat ons ken is dieselfde suiker as wat in druiwe, waatlemoen en alle vrugte is.

5

Wat bevat die meeste fruktose:

a Beet

b Spinasie

Waar al jou kole soos blaarslaai, spinasie, broccoli en brusselse spruite so te sê geen fruktose bevat nie, is daar eintlik heelwat fruktose in stingelgroente soos beet en wortels.

6

Vrugtesuiker verskil van tafelsuiker. Dit het minder kilojoules.

Waar of vals

Vals

Alle vrugte en groente bevat dieselfde suiker as tafelsuiker. Tafelsuiker kom van suikerriet, ’n plant wat baie vinnig groei en dus baie suiker kan lewer al is ’n stokkie suikerriet baie minder soet as ’n druiwekorrel. Al verskil is dat party vrugte en groente meer suiker as ander bevat.

7

Al die volgende terme, buiten een, is ander woorde vir suiker met baie fruktose. Watter een is die uitsondering? Ons lys die name in Engels omdat jy dit as die woorde op kosetikette sal herken.

HFCS, maltose, lactose, agave syrup, corn sugar, corn sweetener, dextrose, lactose, fructose, maltose, invert sugar, raw sugar, natural sugar, fruit juice concentrate, molasses, syrup, high fructose corn syrup, oligofructose, fruit juice, fruit juice extract, fruit juice concentrate, fruit juice crystals, golden syrup, yellow sugar, brown sugar, caramelized sugar, castor sugar, dulce de lec (kondensmelk), palm sugar, coconut palm sugar, sucralose

Sukralose

Dit word wel van suiker gemaak maar eintlik is dit ’n alkohol. Dit is 300-1000 keer soeter as suiker, en word as ’n suikerplaasvervanger gebruik.

Kan jy regtig suiker heeltemal weglaat? Doen hierdie vasvra en vind uit.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.