kategorieë: Leef gesond

Kan jy regtig suiker weglaat?

Jy smag so na suiker en soetgoed dat jy wonder of jou liggaam vir jou daarmee wil sê dat suiker noodsaaklik is. Speel dit dalk een of ander noodsaaklike rol in jou dieet? Doen die vralys en vind uit of daar risiko’s is aan die suikervrye leefstyl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1

Watter voedingstowwe kry jy in suiker? Het jy dit dalk nodig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

a Vitamiene

b Minerale soos yster

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

c Anti-oksidante

Nie een nie.

Suiker bevat geen voedingswaarde nie. Daarom kan jy dit met gemak uitskakel. Aan die ander kant, as jy bitter min kan eet, is suiker ’n byna suiwer brandstof. Jy kan dus op suiker vir ’n tyd lank oorleef, hoewel jy nie goed gevoed sal wees nie.

2

As suiker dan basies nutteloos is, hoekom voeg vervaardigers soveel suiker by ons kos?

a Omdat suiker kos vir mense lekkerder laat smaak

b Omdat suiker, net soos sout, keer dat kos bederf

c Omdat suiker gebak beter laat rys

Al drie redes geld.

Die meeste mense verkies soeter kos. Selfs al is jy ’n souttand wys navorsing dat jy meer hou van brood met ’n bietjie suiker en vleis wat in ’n marinade propvol suiker gelê het. Suiker is ’n uitstekende bederfweerder. Dit verwyder vog, wat dit baie moeilik maak vir kieme om daarin te oorleef. Dit is een van die redes waarom kindermedisyne propvol suiker is. En laastens het jy ’n bietjie suiker nodig in enigiets wat jy van suurdeeg maak as energie vir die gisorganismes. Suiker maak gebak ook sagter en klammer. En dit is juis die bietjie suiker in gebak wat die bruin kleur veroorsaak.

3

Maar is suiker so gevaarlik? Kan jy nogtans suiker gebruik? Hoeveel suiker per dag is veilig?

a Absoluut geen suiker

b 5 teelepels suiker

c 10 teelepels suiker

Die algemene riglyn is dat 5 teelepels per dag veilig is.

Maar onthou, dit sluit die suiker in kitspap, konfyte, tamatiesous, blatjang, koeldrank, gebak, lekkergoed en sjokolade in.

4

Jy sien op ’n blikkie gaskoeldrank dat dit 65 g suiker bevat. Hoeveel teelepels suiker is dit?

a  3 teelepels

b 6,5 teelepels

c 13 teelepels

Daar is ’n volle 13 teelepels in ’n blikkie Coke. Dit is gelyk aan ’n kwart koppie suiker. Een teelepel suiker weeg 5 g. As jy wil weet hoeveel suiker daar in kos is, deel die aantal gram suiker deur 5. Een blikkie Coke is amper-amper drie keer jou dag se suikertoelating.

5

Wat het die meeste suiker:

a ’n Koppie Milo kitspap met ’n bietjie melk en ’n teelepel suiker

b ’n Glas Coca-Cola

Mens kan jou sleg misgis met porsies. Die voedseletikette gee die suikerinhoud per 100 g maar nie altyd per porsie nie. Een porsie Milo kitspap is 30 g, of een koppie. Die etiket sê dit bevat 27 g suiker per 100 g. Dit bevat dus in werklikheid 9 g suiker, of twee teelepels suiker. As jy ’n teelepel suiker byvoeg, het dit 3 teelepels suiker. Porsiegroottes vang mens ook maklik. ’n Blikkie Coke bevat wel 13 teelepels suiker, maar as jy ’n klein glasie Coke drink (175 ml) kry jy die helfte van die suiker, of 6,5 teelepels. Die kitskoeldrank bevat egter nog steeds meer suiker as die erg versoete kitspap.

6

Wat is die beste vir jou?

a Onsigbare suiker

b Sigbare suiker

Beslis sigbare suiker, juis omdat jy sien hoeveel suiker jy inkry. Geen mens sit en eet ’n kwart koppie suiker nie maar ons drink met gemak ’n blikkie koeldrank waarin daar tipies ’n kwart koppie suiker is. Die suiker in byvoorbeeld koeldrank ‘verdwyn’: jy besef nie hoeveel suiker jy inkry nie.

7

Vrugte bevat suiker. Watter vrugte bevat die minste suiker?

a Aarbeie

b Druiwe

c Lemoen

d Appel

e Waatlemoen

f Spanspek

Die boomvrugte bevat almal min of meer dieselfde hoeveelheid suiker, terwyl spanspek, waatlemoen en bessies soos aarbeie sowat die helfte minder suiker bevat.

Klik hier vir nog ’n lekker suikervry vasvra.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.