kategorieë: WenkeMode

Hoe om te verseker dat jou bra’s ’n langer lewe het

Deur Susra Matthee. Hooffoto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is niks meer moeisaam as om wasgoed te doen nie, veral as aandete en huisskoonmaak ook nog voorlê. Dit is waarom baie van ons skuldig is daaraan om ons bra’s sommer saam met ander vuil klere in die wasmasjien en droër te gooi. Maar ons doen ons onderklere geen guns nie, want die wrywing van die wasmajien en hitte van die droër laat die rek en rekbaarheid in ons bra’s vinniger verweer. As jy jou bra’s so min as moontlik was, verleng jy die lewe daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ses maklike wenke

1. Die aanvaarbare tydperk wat jy jou bra kan dra voor jy dit was, is ’n week. Aangesien die meeste vroue meer as een bra besit, beteken dit dat sy haar bra’s tot selfs een keer per maand kan was. Sportbra’s is natuurlik ’n uitsondering – was húlle na elke gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Was jou bra’s met die hand en met ’n sagte spoelmiddel. In teenstelling met die meeste ander klere, bevat bra’s 35 tot 40 stukke, sowel as metaal, wat vinnig verweer in die wasmasjien. Klad eerder vlekke met ’n ligte seep en vryf dan liggies.

3. Nóg makliker – laat dit vir 4 tot 5 minute in die wasbak week na jy dit uitgetrek het en laat lê dit dan plat op ’n droograk om oornag te droog. Om van enige oortollige water ontslae te raak, vou jou bra saggies met ’n handdoek toe voordat jy dit uitdroog.

4. Laat jou bra’s plat lê om te droog eerder as om dit op te hang. Ja, dit neem wel langer om droog te word, maar dit sal ook langer hou. Moet dit ook nie oor ’n waaier gooi nie, want met hierdie droogmetode sal dit mettertyd hul vorm verloor.

5. Ons beveel ook aan om jou bra’s plat te laat lê in jou kas. Moet nie die koppies inmekaar vou nie. Sodoende word die vesels in die vorm vernietig en veroorsaak dit klein bobbeltjies in die spons van jou brakoppies.

6. Laastens, laat jou bra rus. Laat dit na een dag se dra vir so twee dae rus voor jy dit weer aantrek. Dit sal die rek in jou bra se band en skouerbandjies langer laat hou.

Lees ook: Hoe om vas te stel wat jou bragrootte is

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.