Waag dit om rooi lippe te dra

Sagte, gladde lippe is noodsaaklik. Poets hulle voor jy begin om van droë, skilferige stukkies ontslae te raak. Smeer lipbalsem aan en laat intrek. Tik oortollige balsem af voor jy lipstiffie aanwend anders smeer al jou harde werk binne minute af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kry die vorm so akkuraat as moontlik met ’n velkleur-lipomlyner. Dit sal jou lipstiffie langer laat hou en keer dat die kleur oor die lyn vloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wend jou lipstiffie aan met ’n klein lip-kwas. Tik die oortollige lipstiffie met ’n sneesdoekie af en wend nog ’n laag aan. Dit sal help om die pigment op jou lippe te verhoog, sodat die kleur langer hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bang vir rooi?
Smeer ’n lipglans aan vir ’n tikkie kleur sonder die diepte van ’n lipstiffie.

Wenk
Laat gevlekte of geel tande witter vertoon deur rooi kleure met ’n blou ondertoon te dra. Bruin-rooi laat tande geel lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Top wenk
Moenie skakerings toets op die rug van jou hand nie – gebruik die kussingkies van jou vingers: dit gee jou ’n beter idee van hoe die lipstiffie op jou lippe sal lyk. Maak seker dat die kleur jou vel- en haarkleur komplimenteer.

Nog lip-lekker wenke!

• Jou lipstiffie lyk beter op jou lippe as jy gereeld lipsalf aanwend (vermy só krakerige, droë lippe).

• As jy gedurig in die son is, gebruik ’n lipsalf met ’n SBF-faktor om die vel op jou lippe te beskem.

• Hidreer gereeld jou lippe met lipsalf om dehidrasie en plooie wat daarmee saamgaan te vermy. Onthou voller lippe lyk jonger!

• As jou lippe baie droog is en lipsalf nie vir jou werk nie, gebruik ’n bietjie suiker en Vaseline en skrop saggies jou lippe daarmee. As jy nie suiker wil gebruik nie, gebruik ’n tandebrosel om saggies die dooie velletjies van jou lippe af te skrop.

Lees ook: Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.