kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoekom jy elke dag jou tande moet vlos

Hoekom jy elke dag jou tande moet vlos deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vlos deeglik – dit laat jou langer leef!

Namate jy ouer word, moet jy meer gereeld vlos – twee keer per dag as jy bo veertig is, en ná elke ete as jy bo sestig is, sê dr. Sara Gottfried, skrywer van Younger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer ons ouer word, kalsifiseer die plaak makliker in ons mond, wat beter skuilplek vir mondbakterieë bied. En dan is ons meer geneig tot tandbederf – juis terwyl ons graag ons tande so lank moontlik sou wou hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees nog: Maklike glutenvrye plaasvervangers vir jou gunsteling-kosse

Hoe

Posisioneer die vlos tussen enige twee tande. Trek dit in ’n lus om die een tand en beweeg dit stadig heen en weer terwyl jy af na die tandvleis beweeg en dan weer op. Herhaal, maar met die lus om die ander tand. Spoel jou vlos af voor jy na die volgende tand beweeg.

Onthou

’n Elektriese borsel is duurder maar dit maak ook jou tande deegliker skoon. Dit is ’n belegging wat jou tandartsbesoeke gaan spaar. Borsel vir 2-3 minute twee keer per dag.

Plus

Borsel jou tong. ’n Gesonde, skoon tong is pienk. As jou tong geel of wit is, kry ’n tongskraper en borsel jou tong ook.

Probeer ook

’n Oliespoel klink vreemd maar ’n olielagie in jou mond maak die kieme dood wat sonder suurstof kan leef. Gebruik 1-2 teelepels klapperolie en rolspoel dit so twintig minute lank in jou mond. Doen dit vyf keer per week. Dit keer ook tandvleisontsteking (gingivitis).

Hooffoto: Sora Shimazaki vir Pexels

Vir nog goeie raad en interessante wenke, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.