kategorieë: Gesondheid

Hoekom nie griepsimptome ignoreer nie?

Hoe voel jy nou? Nie jouself nie? Ietwat lighoofdig? ’n Effense seer lyf? Wat gaan jy daaromtrent doen en gee jy voor dat daar niks fout is nie in die hoop dat alles net sal weggaan? Wel, dit is eintlik nie so ‘n goeie idee nie, want die kanse is goed dat dit nie gaan gebeur nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat jy behoort te doen is om pro-aktief te wees en griepsimtompe in die kiem te smoor voor dit ’n probleem raak. Moenie wag totdat jy ’n uitermatige hoë temperatuur kry en skaars uit die bed kan opstaan, totdat jy besluit jy gaan aksie neem nie. Dit verleng net die beide die tydperk wat jy siek is en ook die herstelperiode.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou apteker behoort die eerste persoon te wees waar jy gaan aanklop, sodra jy die geringste griepsimptome begin ervaar. Hy kan jou voorsien van ‘n homeopatiese medikasie wat jou liggaam kan help om hierdie griepsimptome (lyfseer, pyn, koors en kouekoors), reg van die begin af te beveg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onthou sommer om vir jou ’n alarm op jou foon te sit vir volgende jaar se voorraad, sodat jy nie "noodaankope" hoef te maak, wanneer jy ’n bietjie bleek voel nie.

Hou jouself stil en vat dit rustig die volgende paar dae om jou liggaam kans te gee om die virus af te weer. Verhoog jou inname van Vitamiene C, bly gehidreer – drink genoeg water (voeg ’n bietjie gemmer en heuning saam met gekookte water indien jy lus is vir ietsie warm om te drink), en kook ’n pot voedsame, helende hoendersop. Los die oefeninge vir eers, want jy het al jou krag nodig om te fokus om gesond te word. Onthou om jou dokter te raadpleeg indien die simptome vir langer as 3 dae aanhou, vererger of wanneer jy ’n koors ontwikkel. Die belangrikste indien jy reeds gevorderde griepsimptome het – Bly tuis!!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om sterk te probeer wees deur jouself werk toe te sleep, gaan nie vir jou of enige iemand anders goed doen nie. Nie net gaan jy jouself in gevaar stel deur vatbaar te word vir lewensgevaarlike griepkomplikasies nie, maar jy stel almal met wie jy aanraking kom, ook bloot aan die virus.

Niemand gaan jou bedank vir jou toewyding as jy by die werk opdaag, vrot van die griep nie. ’n Studie deur die Universiteit van Arizona, het bewys dat meer as die helfte van oppervlaktes by die werksplek, soos deurknoppe, kopïeerders, yskaste, telefone en rekenaars, geïnfekteer kan word met ‘n virus indien slegs een persoon by die werk siek is, en daartoe kan lei dat 40-90% van jou kollegas ook blootgestel word aan die virus, en die kans het om siek te word. Die enigste manier om die risiko te verminder is om jou hande gereeld te was of waterlose seep te gebruik. Jy kan ook toesien dat enige persoon wat griep het – dit sluit jou in – so ver as moontlik van die werk af wegbly! Rustyd en bedrus is van uiterste belang vir ’n spoedige herstel. So doen jouself en jou kollegas ‘n guns en bly by die huis indien jy werklik siek is!

Ons bied 3 lesers elk ‘n Boiron Winter Giveaway ter waarde van R350. Vir meer inligting besoek ons webtuiste www.lebron.co.za of kontak Tanet de Swardt (tanet@deepsmart.co.za).

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.