Verstewig en versterk die sole van jou gunsteling hofskoene. Vra jou skoenmaker om ’n dun beskermlagie (rubber) onderaan jou skoen vas te gom. Dit sal keer dat water deurgelaat word en ook verhoed dat jy gly.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sodra jy ’n nuwe paar skoene aanskaf, sproei die bolaag met ’n wateragtige beskermmiddel. Dit sal verhoed dat reën of ander vloeistowwe die materiaal binnedring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wanneer ’n merk op die skoen se materiaal gewaar word, behandel dit onmiddellik. Watermerke kan liggies met ’n spesiale borsel uit Sweedsleer gevryf word. Verwyder merkies van leer onmiddellik met behulp van ’n klam lappie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Bêre jou hofskoene in ’n kas teen kamertemperatuur. ’n Area wat te warm is kan jou leerskoene laat krimp. As jou skoene klam of nat is, moet dit liefs nie onmiddellik in ’n skoenboks of kas gebêre word nie. Dit kan bakterieë, ongewenste reuke en skimmel veroorsaak.
Beskerm jou hofskoene van stof en vuilheid deur dit in vilt- of katoensakkies binne-in jou kas te bêre. Dit sal ventilasie toelaat. Plastieksakkies sal jou skoene uitdroog.
Moet liefs nie dieselfde paar skoene twee dae in ’n ry dra nie. Jou skoene sal so tussen sessies kan asemhaal en die vorm herstel.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.