kategorieë: Gesondheid

Hoop vir vroue

Uit onlangse studies in die Verenigde Koninkryk (Januarie 2013) en Amerika (National Cancer Institute 2010) het dit geblyk dat vroue wat ’n hoë risiko op borskanker het, bestaande medikasie soos Tamoxifen en Evista ook voorkomend kan gebruik. Die behandeling duur vyf jaar en behoort vroue daarna vir twintig jaar te beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is nie nuwe medikasie nie. Tamoxifen word al sedert 1990 vir vroue met bors-kanker gegee om te keer dat die kanker terugkeer, of om verspreiding te keer. Evista (Raloxifene) word al lank gebruik om post- menopousale vroue met osteoporose te behandel en beendigtheid te verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tamoxifen word al jare lank tweeledig gebruik. Eerstens om die moontlikheid dat borskanker kan terugkeer te verlaag. Tweedens word dit gebruik om die groei van borskanker, wat reeds na ander dele in die liggaam versprei het, te vertraag en die persoon se lewe te verleng. Dit is spesifiek vir borskankers wat positief vir estrogeen getoets het.

Hoe werk dit? Tamoxifen word soms in die volksmond “kankerpille” genoem, maar dit is nie ’n vorm van chemoterapie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis ’n mensgemaakte hormoon wat soos ’n anti-hormoon op sekere weefsel (soos borsweefsel) reageer. Daar is verskeie snellers vir borskanker, maar estrogeen is die grootste een. Tamoxifen kan die werking van estrogeen in hierdie kankers blokkeer. As borskanker by jou gediagnoseer word, word die verwyderde kankerweefsel in ’n laboratorium getoets vir ’n proteïen wat estrogeen-reseptore genoem word.

Daar word ook getoets vir progesteroon-reseptore. As dit positief toets vir hierdie twee reseptore, kan Tamoxifen die reseptore blokkeer en keer dat die estrogeen en progesteroon aan die weefsel kan bind en dus keer dat die gewas groei.

Vir wie is dit geskik?

Alle medikasie het newe-effekte en dit is net goedgekeur vir vroue wat ’n hoë risiko op borskanker het.

Omdat dit net die reseptore vir estrogeen in borsweefsel blokkeer, kan dit vir vroue van enige ouderdom gegee word, want dit raak nie die werking van estrogeen (soos vrugbaarheid) in ander weefsel nie.

Maar jy mag nie swanger word terwyl jy Tamoxifen neem nie en moet twee maande wag ná jy die behandeling gestaak het, want dit kan skadelik vir die fetus wees. Gedurende die vyf jaar van die behandeling kan jy ook nie hormonale geboortebeperking gebruik nie.

Wat verhoog jou risiko op borskanker?

  • ’n Familiegeskiedenis van twee of meer onmiddellike familielede (soos jou ma en suster) met borskanker.
  • As jy reeds borskanker in jou een bors gehad het.
  • Geneigdheid tot nie-kankeragtige fibro-adenoom (nie-kwaadaardige knoppe in die bors).
  • Vroue met baie digte borsweefsel.
  • As jy vroeg begin menstrueer het en laat met die menopouse begin het, kinders ná 30 gekry het, of geen kinders gehad het nie.
  • Orale kontrasepsie (die Pil) is ’n risikofaktor, maar as jy dit vir tien jaar gestaak het, is jou risiko dieselfde as iemand wat dit nie geneem het nie.
  • Hormoonbehandeling om simptome van die menopouse te verminder. Dit geld net vroue wat steeds hul baarmoeder het en op die kombinasiebehandeling van estrogeen en progesteroon is. As jou baarmoeder verwyder is en jy net op estrogeen-behandeling is, is jou risiko nie hoër nie.
  • Oorgewig en meer as twee alkoholiese drankies per dag.

Wat sê die onkoloog?

Dr. Albert Verbeek, ’n onkoloog by Olivedale-kliniek in Johannesburg, sê hy moet benadruk dat slegs die regte groep vroue (hoë risiko) vir die behandeling oorweeg moet word. “Die besluit moet ná deeglike konsultasie met haar dokter geneem word sodat sy die voordele en nadele kan opweeg. Dit is wel ’n minder ingrypende alternatief as ’n voorkomende bilaterale mastektomie. Tog bly die verwydering van alle borsweefsel die veiligste opsie.

Die rede hoekom so min pasiënte in Suid-Afrika die middels voorkomend neem, is omdat dit tot dusver nie algemeen bekend was nie, en ook deels omdat onkoloë net pasiënte spreek wat reeds kanker het en nie hoërisiko-gevalle met geen kanker sien nie.”

Gaan die mediese fonds betaal?

Dit was tot dusver nie standaardbehandeling in Suid-Afrika nie.

Mediese fondse se voordele verskil ook en word bepaal deur die plan waarop jy is. Discovery sê hy sal Tamoxifen betaal as voorkomende medikasie as jy ’n spaarrekening (Medical Savings Account) het. Dan behoort hulle tot R465,22 per maand te betaal.

As borskanker reeds by jou gediagnoseer is, word hierdie geld uit jou onkologie-rekening betaal as dit op aanbeveling van jou dokter deur die mediese fonds goedgekeur is.

Die koste vir 20 mg per dag vir ’n maand by Dis-Chem beloop sowat R155 en R139 vir die generiese medikasie.

Tamoxifen verhoog risiko’s op

-gloede en gemoedskommelings
-bloedklonte en dus beroerte
-baarmoederkanker
-katarakte

Risiko’s van Evista (Raloxifene)

– bloedklonte en beroerte

Belangrik

Sekere medikasies, veral sekere antidepressante (SSRI, selektiewe serotonienheropname-remmers soos Prozac, Paxil en Zoloft) kan die werking van Tamoxifen verminder. Bespreek dit met jou dokter.

Inligting verskaf deur dr. Albert Verbeek, onkoloog by die Olivedale-kliniek.

Webwerwe vir meer inligting

http://www.adjuvantonline.com/breasthelp0306/TamoxifenRegimen.html
http://www.cancer.gov/cancertopics/factsheet/Therapy/hormone-therapy-breast

Oorspronklik gepubliseer in April 2013

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: borskanker

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.