kategorieë: Ons menseBekendes

Hugh Masekela sterf

Die wêreldberoemde jazz-musikant Hugh Masekela is vanoggend oorlede na ’n byna dekadelange stryd teen prostraatkanker. Hy was 78 jaar oud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Masekela was in 2008 met kanker gediagnoseer en het behandeling daarvoor ondergaan, maar die kanker het versprei. Hy het tussendeur steeds voortgegaan met toer en musiekmaak. In 2016 en 2017 het hy operasies ondergaan om gewasse te verwyder en om verdere kankerbehandeling te ontvang. In Oktober 2017 het hy al sy toekomstige optredes gekanselleer sodat hy sy kragte op sy stryd teen kanker kon fokus. Hy het verkies om uit die openbare oog te bly tydens hierdie tyd en is vanoggend, omring deur familie, in Johannesburg oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy familie het vanoggend ’n amptelike verklaring uitgereik met die opskrif “No more pain!” Hierin verduidelik hulle die oorsaak van sy dood en bedank hulle hul vriende en ondersteuners vir hul ondersteuning tydens Masekela se siekte. Hulle beloof ook om sy volgers in kennis te stel van roudienste wat gehou sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Boodskappe van medelye van regoor die wêreld is besig om in te stroom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }


A baobab tree has fallen, the nation has lost a one of a kind musician with the passing of Jazz legend bra Hugh Masekela. We can safely say bra Hugh was one of the great architects of Afro-Jazz and he uplifted the soul of our nation through his timeless music. #RIPBraHughMasekela pic.twitter.com/JVy47GA6aU

Masekela word oorleef deur sy seun, Selema “Sal” Masekela, dogter Pula Twala en vrou Elinam Cofie. Sal Masekela het die volgende hartroerende boodskap op facebook gedeel:

Ramapolo Hugh Masekela is op 4 April 1939 in KwaGuqa, Witbank gebore en het op die ouderdom van 14 begin om trompet te speel nadat die anti-apartheidsaktivis, Vader Trevor Huddleston, vir hom hierdie musiekinstrument gegee het. Die jong Masekela het vinnig gevorder en deel geword van verskeie orkeste en opvoerings, insluitend die Jazz Epistles saam met ander Suid-Afrikaanse jazz-legendes Dollar Brand (Abdullah Ibrahim se destydse verhoognaam), Kippie Moeketsi, Makhaya Ntshoko en Johnny Gertze. Hy is in die vroeë sestigerjare Londen toe en daarna VSA toe waar hy saam met musikante soos Harry Belafonte, Louis Armstrong, Miles Davis, Fela Kuti en Miriam Makeba gewerk het. Masekela en Makeba is in 1964 getroud en is twee jaar later geskei, maar hulle het steeds saam musiek gemaak. Sy loopbaan het aanhou groei met internasionale konserte, beide in sy eie groepe asook saam met ander musikante soos Makeba en Paul Simon tydens sy Graceland-toer in 1987.

Masekela het in die 1980’s ’n musiekskool in Botswana gestig waarna hy weer in Suid-Afrika sedert die 1990’s gewoon het. Masekela het tot en met verlede jaar steeds aanhou optree en opnames maak. Hy is 7 maal vir ’n Grammy-toekenning genomineer en het hierdie gesogte toekenning twee maal gewen. Hy is deur verskeie instansies, publikasies en feeste vereer en is verskeie kere as die “Vader van Suid-Afrikaanse Jazz” beskryf. Hy het homself andersins besig gehou met politiese aktivisme en projekte vir maatskaplike geregtigheid. ’n Groot belangstelling van Masekela die afgelope paar jaar was die bevordering van erfenis en erfenisbewustheid in en van Afrika.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.