Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 1 ui, ruweg gekap
- 1 prei, ruweg gekap
- 1 groot wortel, ruweg gekap
- 1 selderystingel ruweg gekap
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) verhitte olyf- of avokado-olie
- 1 kg skoongemaakte mossels
- 125 ml (½ k) witwyn
- 1 x 410 g-blik Indiese gegeurde tamaties
- ’n hand vol gekapte koljanderblare
Vir die Raita
- 1 komkommer
- 250 ml (1 k) Bulgaarse jogurt
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- ’n hand vol koljanderblare
Metode
- Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte Braai die ui, prei, groot wortel en selderystingel saam met die knoffel in tot goudbruin. Geur na smaak.
- Voeg die mossels en witwyn by. Bedek die kastrol en laat die mossels stoom tot almal oopgegaan het. (Gooi die mossels wat nie oopgegaan het nie weg).
- Meng die Indiese gegeurde tamaties deur en laat deurwarm word. Meng die koljanderblare by. Geur na smaak.
- RAITA: Sny die komkommer in die lengte middeldeur, skraap die pitjies uit en rasper. Druk die water uit en meng die Bulgaarse jogurt, knoffel en koljanderblare by. Geur na smaak.
- Sit die mossels met die raita en krakerige brood voor.
