kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Inkleurtegnieke en wenke

’n Paar wenke vir beginners

  • Beperk jou kleurkeuse tot ’n maksimum van drie en wissel die skakerings af.
  • Kies jou hoofkleur en voeg ’n ligter en donkerder weergawe daarvan by indien jy dit het.
  • Kies ’n tweede kleur wat na aan die eerste een is en voeg ’n ligter en donkerder weergawe daarvan by.
  • Voeg ’n derde kontrasterende kleur vir interessantheid by.
  • Sit dié kleure eenkant neer terwyl jy inkleur sodat jy nie deurmekaarraak nie.
  • Dit help ook baie as jy ’n kleurpalet van ’n foto kies waarvan jy baie hou. Ek het ’n Pinterest-bord waarby ek heeltyd kleure voeg – klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kan ook een van drie Inkleur-Tegnieke boeke WEN! Klik hier om in te skryf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Arsering en kruis-arsering

Arsering is ’n tekentegniek wat hoofsaaklik gebruik word om skakerings te skep en kan wat skakering en tekstuur betref mooi effekte skep in inkleurwerk. As jy kleur in lae aanwend, sal die keuse en volgorde van die kleure die eindresultaat beïnvloed, net soos die spasies tussen die lyne.

1. Arsering is ’n reeks parallelle lyne wat na aan mekaar of ver van mekaar af kan wees – die spasie sal afhang van watter effek jy wil skep. Dit word dikwels baie vinnig geteken om die illusie van skaduwee of tekstuur te skep. Vinnige stroke lyk dikwels dunner as stroke wat met meer oorleg gedoen is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Kruis-arsering is twee stelle parallelle lyne wat mekaar kruis teen hoeke wat min of of meer haaks is. Dit skep ’n donkerder effek as arsering. Twee kleure wat oormekaar aangewend word, kan ’n derde kleur skep. Ek het dit in my laaste voorbeeld gedoen waar ek magenta en geel oor blou aangewend het.

My oulike feetjiehuise uit “Country Daydreams” is byna heeltemal met arsering en kruis-arsering ingekleur. Ek het ook van die kleure geskakeer om die effek te verfraai. Selfs die grashalms bestaan uit stroke arsering. In die rooi dak en die blou dak regs, het ek arseringstroke gebruik wat die lyn van die dakke volg en nie die hele vorm bedek nie ten einde ’n area van lig te skep wat dit weer meer driedimensioneel laat lyk. Die donkerblou dak links onder het kort arseringstroke van bo na onder in elke dakteël wat ook ’n meer geskakeerde effek skep.

Let daarop dat die kruis-arsering in party vorms vertikaal en horisontaal is, terwyl die lyne in ander haaks is. Alles dra tot die tekstuur- en skakeringseffekte by.

Tegnieke met merkpenne

Jy kan baie effekte met merk­penne skep. Ek bespreek ’n paar wat saam met potlode gebruik kan word. Moenie te hard op die punt van jou merkpenne druk nie omdat jy dit sal beskadig, veral as dit kwasvormig is omdat dit sal oopsprei. Eksperimenteer met die verskillende diktes wat jy met verskillende punte kan skep – die kwaspunt kan byvoorbeeld fyn, medium of dik wees en jy kan tikmerke daarmee maak. Na gelang van die soort papier, kan merkpenne bloei – kleur dus net binne die swart omlyning in om daarvoor voorsiening te maak.

Lyne en ontwerpe

Die lineêre tekstuureffekte wat onder algemene tegnieke bespreek word (kyk bl. 46 van “Inkleur-tegnieke”), asook stippelwerk, kan almal suksesvol met merkpenne en fynpuntpenne geskep word. Ek gebruik ook baie pointillistiese detail in my tekeninge. As jy ’n merkpen vir allerhande lineêre teksture of tekeninge in ’n area gebruik het, kan jy altyd geskakeerde detail met ’n potlood byvoeg.

Soliede kleur

As die effens gespikkelde voorkoms van potlode jou hinder, kan jy die ruimte met ’n soliede, ligte kleur inkleur wat dadelik die wit van die papier sal bedek. Jy kan dit net so los vir ’n plat effek of dit met potlode skakeer wanneer dit droog is om ’n meer driedimensionele voorkoms te skep. Dit bespoedig die inkleurproses en só skep jy ook ’n totaal verskillende voorkoms.

Skep plat kleur

Dikker merkpenne is nuttig wanneer dit as ’n basis vir inkleurwerk gebruik word, maar na gelang van die soort merkpen en soort papier kan dit strepe skep. Om dit te omseil, kleur eers met potlood in (potlode met ’n oliebasis werk die beste) en kleur dan met die merkpen oor die potlood. Dit werk baie goed as jy ’n meer soliede swart agtergrond wil skep. Dit keer ook dat die merkpen deur die papier bloei. Wanneer jy ’n donker area het, kan jy weer met meer opaak potlode daaroor inkleur om effekte soos ’n skynsel om ’n vorm te verkry soos ek met my maan gedoen het. Die sagter potlode sal meer opaak wees en party metaalpotlode sal beter as ander werk.

Gegradeerde effek

Merkpenne met ’n alkoholbasis is makliker om te vermeng as merkpenne met ’n wateroplosbare basis omdat deursigtige mengmerkpenne die proses baie vergemaklik. As jy analoë kleure langs mekaar sit en dit effens laat oorvleuel, sal dit soos gegradeerde skakering lyk, veral as jy ’n ligter kleur as dié van die merkpen gebruik. Party papiersoorte sal klein balletjies vorm of bloei wanneer die inkkonsentrasie hoog raak – eksperimenteer dus eers. Plaas ’n ekstra stuk papier tussen jou inkleurbladsye en stel dit slegs op die proef as die tekeninge net aan die een kant van die bladsy is.

Detail met fynpuntpenne

Hoewel fynpuntpenne baie goed werk in klein spasies en vir omlyning, is dit ook baie nuttig as jy baie donker areas wil hê om kontras in jou werk te skep. Jy kleur soos gewoonlik in en voeg dan ’n spatsel kleur met jou fynpuntpen by. Werk dit dadelik met die toepaslike kleurpotlood in. Jy kan ook die punt van ’n kwas liggies natmaak en die fynpuntpen daarmee natmaak en dit dan uitwaarts in die vorm inwerk. As jy potlode met ’n wateroplosbare basis gebruik het, onthou dat dit ook die potlood se pigment sal beïnvloed as jy die ink natmaak.

Afskerming en uitvee

Jy kan afskerming soos ’n wit waspotlood, wit of ligte jelpenne en porseleinmerkpenne saam met party merkpenne gebruik. As jy ’n merkpen met ’n alkoholbasis gebruik, sal ’n mengpen ’n effense ligter merk laat wanneer dit oor die kleur geteken word, soos geïllustreer deur die vierde lyn in die voorbeeld hieronder. Om ’n selfs helderder effek te verkry, kan jy ’n paar merkpenne gebruik om kleur uit te wis om sodoende lineêre effekte te skep. In die laaste lyn van die voorbeeld het ek ’n stel kindermerkpenne gebruik wat ’n merkpenuitveër bevat wat die kleur oplig, maar dit werk net op die merkpenne waarvan dit deel vorm. Soos jy kan sien, is dit geneig om te bloei.

Waterverf-effekte

Moenie jou wateroplosbare merkpen in water doop nie; dit trek die kleur daaruit. Jy kan egter waterverf-effekte daarmee skep. Krabbel kleur op ’n nie-absorberende oppervlak soos plastiek of glas en gebruik dit as ’n palet. Lig die kleur met ’n nat kwas op en wend aan waar verlang, of maak eers die area nat en laat dan ’n bietjie kleur daarop drup sodat dit natuurlik kan versprei. Wag totdat dit droog is en kleur dit dan in met ’n potlood of los dit net soos dit is. Party merkpenkleure, veral swart, word uit verskillende kleure ink saamgestel wat skei wanneer dit nat is en interessante variasies skep soos in my voorbeeld waarvoor ek ’n swart wateroplosbare kalligrafiemerkpen gebruik het.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

23 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.